Cacadu-distrik Akkommodasie by Molo Molo Game Reserve | LekkeSlaap
+20

Molo Molo Game Reserve

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 144 Erfdeel 2, 11 km vanaf die N10, Riebeek-Oos, 5805, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 280 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Molo Molo Game Reserve bied selfsorgverblyf in 'n privaat wildreservaat wat ideaal is vir gesinne of 'n groep vriende. Kom ontspan in die natuur en verlustig jou in die rus, vrede en pragtige uitsigte. Daar is volop wild om te gewaar: Dit sluit onder meer springbokke, koedoes, basterwaterbokke, kameelperde, vlakvarke, elande, rooibokke en njalas in.

Molo Molo het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamer beskik elk oor 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed én 'n stapelbed wat ideaal is vir kinders. Elke kamer het ook 'n en suite-stort.

Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Die eetarea het 'n groot eetkamertafel en bankies. Daar is ook 'n sitarea met 'n pooltafel en gemaklike rusbanke. Daar is 'n stoep met skaduwee buite en ook 'n lieflike boma-braai waar gaste om die vuur en onder die sterre kan kuier.

Molo Molo Game Reserve is net 'n uur en 'n half van Port Elizabeth se lughawe af, 50 minute van Addo-olifantpark af en 40 minute van Grahamstad af.

Slaapplek

’n Bespreking by Molo Molo Game Reserve sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed Stapelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Plaas 144 Erfdeel 2, 11 km vanaf die N10, Riebeek-Oos, 5805, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Cacadu-distrik Oos-Kaap
Vanaf R3 280
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R3 280
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 144 Erfdeel 2, 11 km vanaf die N10, Riebeek-Oos, 5805, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAFnPNyws9aSUfKy2gOEblpiNOIVULjfaVd51xVBQyOhC1x5jSiz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 280  per nag (vir 8 persone) Farm 144 Portion 2 11 km from the N10 5805 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.163738456707 25.98287706752
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za