Mondior Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mondior Manor is geleë in Kimberley en bied puik diens en aandag aan detail, maar ons moedig ook ons gaste aan om hulle skoene uit te skop. Beleef absolute vrede en rustigheid, vandat jy ons drumpel betree totdat jy weer in die pad val. Ons bied persoonlike aandag en spits onsself op die kleinste detail toe, al jou behoeftes sal na omgesien word.

Mondior Manor het 20 kamers wat gemeubileer is met donkerhoutmeubels en uitmuntende perkallinne. Elke kamer het warm en koue lugversorging, 'n LCD TV met sekere DStv-kanale, koffie- en teemaakgeriewe, 'n mikrogolf vir selfsorgbehoeftes en WiFi. Die dubbelhoutdeure lei na gemeubileerde verandas met uitsigte oor die swembad en die tuin wat pragtige in stand gehou word - ontspan hier en verlustig jouself in die helder sterrehemel. Gaste geniet elke oggend 'n buffet-ontbyt met koffie, tee, sap, ontbytgrane, vars vrugte en jogurt en 'n Engelse ontbyt. Mondior Manor bied ook braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Gaste kan terugkeer met herinneringe van 'n vakansie in 'n onvergeetlike, unieke gedeelte van Afrika. Die Noord-Kaap gons van die sosiale en kulturele doendinge, kom beleef dit!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mondior Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za