Mongoose Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mongoose Manor bied gerieflike selfsorgverblyf in die smaakvol gemeubileerde 4-slaapkamerhuis. Die huis is in 'n lieflike tropiese tuin geleë met 'n oorvloed van voëllewe en 'n muishond-gesin wat nou en dan kom kuier. Die verblyf is in Illovo Beach, a klein kus oord op die oewer van die Illovo-rivier aan KwaZulu-Natal se Suidkus.

Dié huis het 4 slaapkamers en 2 volledige badkamers. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n aantrekkamer. Die ander 3 slaapkamers het toegang tot 'n gedeelde badkamer. Die huis het 'n oopplan-leefarea wat beskik oor 'n TV-kamer met volledige DStv en 'n tweede sitkamer wat lei na die stoep wat oor die welige tuin uitkyk. Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, stoof en 'n mikrogolfoond en lei na die eetarea. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Veilige parkeerplek met afstandbeheer is op die perseel beskikbaar. Die huis is ideaal vir gesinne of groepe van 8. Die huis is stapafstand vanaf kweekhuis met 'n teetuin wat ontbyt en ligte middagete bedien. Die ligging bied gerieflike toegang tot die strand, 'n dokter en apteek, winkelsentrums en restaurante. Die Galleria Mall met sy restaurante, filmteaters en ysskaatsbaan, is slegs 15 minute se ry weg. Crocworld is 20 minute weg en uShaka Marine World is 35 minute se ry weg.

Slaapplek

'n Bespreking by Mongoose Manor sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mongoose Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false