Monks View 19

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Monks View 19 is 'n smaakvol versierde woonstel wat in 'n veilige gebou in Plettenbergbaai geleë is. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby die strand en ander besienswaardighede op die Tuinroete.

Dié woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers het dubbelbeddens en die badkamers het 'n stort of 'n bad, wasbakke en toilette. Die leefarea is oopplan en daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas-vrieskas, stoof met oond, wasmasjien en skottelgoedwasser.

Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale en daar is WiFi beskikbaar. Die leefarea lei na 'n balkon met 'n tafel en stoele, asook lieflike gedeeltelike strandmeer-, see- en berg-uitsigte. Die kompleks bied ook gemeenskaplike braai-areas.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en daar is 24 uur-sekuriteit op die perseel. Monks View 19 is slegs 600 m van Lookout Beach af en is ook stapafstand vanaf winkels en restaurante.

Slaapplek

'n Bespreking by Monks View 19 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 kinders
1 x Kindermatras vir 2

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Monks View 19 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 900 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false