Monte Bello Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Monte Bello Estate is geleë op 'n ou geskiedkundige plaas met 'n boeiende, tydlose skoonheid wat tipies is van 'n vervloë era toe mense nog tyd gehad het vir mekaar. Die natuurlike skoonheid en die ligging naby Bloemfontein maak Monte Bello Estate die ideale venue vir funksies en troues. Dit bied 'n wegbreek van die werk en uit die stadslewe, maar is steeds net 8 km van Bloemfontein af. Hierdie landgoed is 'n rustige wegbreekplek tussen reuse, ou bloekombome en parkagtige tuine.

Die pragtige gastehuis kan tot 60 gaste akkommodeer en het wonderskone uitsigte oor die platteland. Die luukse kamers weerspieël die unieke karakter wat die landgoed uitstraal. Ons diens is van topgehalte en ons gaste word soos as belangrike persone behandel terwyl hulle die rus en plattelandse skoonheid geniet en bewonder.

Die 2 konferensie-venues bied 'n professionele diens in 'n ontspanne atmosfeer en die trougeriewe kan tot 500 gaste akkommodeer. Daar is 'n pragtige kapel op die plaas waar jy jou seremonie kan hou.

Kenmerke

  •  Konferensiegeriewe

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Wasgoeddiens
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Monte Bello Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R880 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]