Monyane Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Monyane Bush lodge is 'n rustieke selfsorg-eenheid in n rustige ongerepte omgewing van die Waterberge in Limpopo. Dit is geskik vir werklike avontuurlustige natuurliefhebbers wat die soms oorweldigende stilte en vrede geniet en gemaklik is met eenvoudige, funksionele tog effens stylvolle verblyf.

Ons Livingstone mukhukhu-eenheid, wat in Venda 'n rustieke struktuur beteken, het slaapplek vir 2 gaste. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer met 'n betonbad en buitestort. Dis ook toegerus met 'n waaier, mikrogolfoond, mini yskas, ketel, eetgerei en breekware. Die eenheid het ook 'n lekker kuierstoepie asook 'n buitekombuis met 'n ingeboude braai, 'n tweeplaatgasstofie en opwasplek. Let asseblief daarop dat TV's nie beskikbaar is nie.

Gaste kan swem (in die gemeenskaplike plonspoel), fietsry, voëlkyk en staproetes om die plaas aanpak. Doendinge in die omgewing sluit onder andere zipline-toere, verfbal, visvang, vierwielmotorfietsry, wildsritte, warmwaterbronne en olifantsafari's in.

Klein- tot mediumgrootte-honde wat die eienaars se klein Yorkie goedgesind sal wees, is welkom indien vooraf gereël.

Let asb. op dat gaste 'n flits, hout of houtskool, swem handdoeke en ys indien nodig, moet saambring.

As jy hou van die idee om tyd te spandeer in 'n huisie in die bos, sal jy dit geniet by ons. Dis amper soos kamp, net baie lekkerder.

Neem asb. kennis dat geen kinders en enkel nag besprekings geakkommodeer kan word nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Monyane Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R725 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za