LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Monyane Bush Lodge | LekkeSlaap
+20

Monyane Bush Lodge

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 30 resensies vir Monyane Bush Lodge
Netheid
4.4/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.1/5
Adriana K - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Adriana K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker gekuier, dis doodstil en Arno is die perfekte gasheer.

Huisie in die bos met net stilte om jou. Mal daaroor

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou baie welkome resensie Riana, dit was 'n plesier om julle hier te he. Sien julle weer, hopenlik gou.

Monyane Bush Lodge
Darran C - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Darran C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vergenoegd

Heerlike wegbreek van die stad se gewoel...lekker privaat en stil met net die natuur klanke om jou. Ons sal definitief terug reis vir nog n bos vakansie. Dankie Arno!!!

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie Darran, dit was so lekker om julle te ontmoet en te akkommodeer. Dankie ook dat julle die huisie so netjes gelos het. Onthou om vir junior te kom wys.

Monyane Bush Lodge
Jacques G - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jacques G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Arno is an amazing Host, very relaxing and a great stay!

Extremely private and an excellently equipped self catering spot. Definitely worth a visit! We would absolutely recommend this one to anyone looking for self catering spots in Bela-Bela area :)

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Thank you very much for your very welcome review Jacques, and also for leaving the unit in such a pristine condition. It is much appreciated.

Monyane Bush Lodge
Bennie C - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Bennie C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het die stilte en die omgewing vreeslik geniet asook Arno se vriendelikheid. Netjies en alles was daar wat ons nodig gehad het.

Baie dankie Arno, ons sal vir seker weer wil kom kuier. Dis lekker naby vir ons met 'n ware bos atmosfeer.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir julle resensie Bennie en Ria.
Dit is altyd lekker om te hoor dat ons gaste hulle tydjie hier by ons in die bos geniet het. Baie dankie dat julle die huisie so netjies gelos het.. dit word baie waardeer. En natuurlik is julle enige tyd weer baie welkom.
Baie groete,
Arno

Monyane Bush Lodge
Marlize V - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marlize V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Net wat mens nodig het om weg te breek van die stad.

Was wonderlik en rustig in die natuur. Sal dit vir almal aanbeveel wat wil wegbreek van die besige stads ewe af vir bietjie rus. Die huisie is met alles ingerig wat mens sal nodig hê. Arno baie dankie vir alles, ons het heerlik gerus, sal beslis weer kom kuier.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie bly julle het die naweek hier by ons in die bos geniet Marlize. Baie dankie ook dat julle die huisie so netjies gelos het. Dit word altyd waardeer. Natuurlik sal dit 'n plesier wees om julle weer te verwelkom.

Groete
Arno

Monyane Bush Lodge
Nicolene B - Mrt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Nicolene B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Indescribable.

Monyane Lodge gave us the rest we needed, the glamping we needed!

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou resensie Nicolene. Dit is altyd 'n plesier om sulke netjiese en aangename gaste te ontmoet en te akkommodeer.

Groete
Arno

Monyane Bush Lodge
Lorne L - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lorne L
Saam met eggenoot / lewensmaat

A little bit of bushveld paradise away from all the city mod cons.

A wonderful retreat. Many thanks Arno for allowing us to share your little bit of bushveld paradise.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Thank you so much, Lorne. It was a real pleasure sharing our little slice of bushveld paradise with you.
Thank you also for leaving the unit so very neat and tidy. It is always appreciated.
Kind regards,
Arno

Monyane Bush Lodge
Tiaan N - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tiaan N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustigheid met 'n hoofletter R.

Dit was perfek vir my en my vrou. Arno was baie vriendelik en behulpsaam. Geriewe was baie netjies en skoon. Ver genoeg van alles af om net te kan ontspan. Fielies was 'n aangename kuiergas (eienaar se hondjie). Die buitestort was ietsie anders wat ons baie geniet het. Selfoonsein was verbasend goed gewees gedurende ons verblyf daar.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou resensie Tiaan.
Alhoewel Fielies meer van julle gesien het as ek, was dit 'n plesier om julle te akkommodeer.
Ook baie bly dat julle die kuier hier op die plaas geniet het.
Vriendelike groete,
Arno

Monyane Bush Lodge
Mercious D - Feb 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Mercious D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Great place for some quality time with your partner.

We had a great time with my partner with no TV you're forced to have that quality time together, which is just what we needed and as for Arno, he is a very good host.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Thank you so much Mercious, it was a pleasure hosting you. Thank you again for leaving the unit so neat and tidy.

Monyane Bush Lodge
Zani C - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Zani C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, stil en ontspannend.

Baie lekker gerus. Dit is 'n plek waar jy stilte het en omring is deur die bosveld. As jy wil rus en stilte hê, is dit die perfekte plek. Sal definitief weer gaan.

Hein S - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Hein S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie teleurgesteld.

Die plek is erg verwaarloos en het baie aandag nodig.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Dankie vir jou resensie Heinrich,
Ek is nie heeltemal seker wat in die eenheid waarin julle gehuisves is erg verwaarloos en aandag kort nie. Jy het wel genoem dat die pale op die stoep dalk behandel moet word en ek stem saam. Met julle vertrek het jy gese dit was lekker so ons laat die saak net daar. Ons besef dat ons instansie nie byval sal vind by almal nie en aanvaar dit ook so.
Vriendelike groete,
Arno

Monyane Bush Lodge
Magiel E - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Magiel E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was hemels en baie rustig sonder TV ens.

Dit was baie rustig met alles wat mens nodig het vir 'n basiese wegbreek om die siel te voed van die stad se gewoel. Dit is 'n baie gemaklike plek wat sonder al die tegnologie wat 'n mens nie nodig het nie om jou batterye te herlaai nie. Ons wou nie terugkeer na ons tuiste in die stad nie.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou resensie Magiel, en ook dat julle die eenheid so vreeslik netjies agter gelaat het. Eks baie bly dat julle die naweek hier by ons in die bos geniet het. Dalk moet julle volgende keer na die stem wat vir Elmien gese het julle moet nie huis toe gaan nie, luister. Hoop ek sien julle sommer gou gou weer.

Monyane Bush Lodge
Anne V - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Anne V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Stil, salig.

Sien sterre.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Dankie vir jou resensie Anne,

Baie bly dat julle die stilte, saligheid en sterre waardeer het. Die son het darm ook sy kant gebring ne?

Dankie dat julle die eenheid so netjies gelos het. Dit word altyd baie waardeer.

Vriendelike groete,
Arno

Monyane Bush Lodge
Martie S - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Martie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rustig, stil en in die natuur.

Dit was baie rustig, baie tyd om te lees of te slaap aangesien daar geen aktiwiteite op die perseel is nie. Prys vir my bietjie hoog aangesien ek vir my eie vermaak moes sorg. Motorparkering is 'n probleem. Motor moes in die son staan aangesien daar geen onderdak parkering by die chalet was nie. Boonop kon die motor nie naby die chalet staan nie want ligging is ongeskik daarvoor. Plekkie is egter ideaal vir 'n wittebroodpaartjie wat nie 'n mens wil sien nie! Chalet uitstekend toegerus met betrekking tot die kombuis! Bed slaap lekker en kussings is in goeie toestand. Buitestort was 'n vreemde, maar aangename ondervinding. As ek net wil slaap of lees, mag die lodge my weer sien.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Dankie vir jou resensie, Martie.

Aangesien doendinge by ons instansie en in die omgewing op ons blad uiteengesit word, het ek aanvaar dat ons instansie aan jou behoeftes voldoen toe jy die bespreking gemaak het. Ek het jou ten tye van die stuur van die kwotasie ook genooi om my te kontak indien jy enige verdere inligting benodig.

Met die ontwikkeling van ons instansie het ons besluit om die natuur so min as moontlik te versteur. Dinamiet was die enigste opsie om staanplek vir gaste se motors reg langs die eenheid te bied. Aangesien ons gedink het dat die sowat 15 tree se stap na die eenheid nie 'n probleem sou wees vir natuurliefhebbers nie, het ons teen die dinamiet opsie besluit.

Met julle aankoms het ek aangebied dat jy jou motor onder ons afdak by die hoofhuis parkeer nadat julle alles wat nodig was uit voertuig verwyder het, 'n aanbod wat jy van die hand gewys het.

Ek is bly dat die eenheid self aan julle vereistes voldien het.

Weereens dankie dat julle die eenheid so netjies gelaat het.

Vriendelike groete
Arno

Monyane Bush Lodge
Rene P - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Rene P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Beste rusplek as jy niks wil doen.

Lekker gerus. Dankie Anton. Dit is soos kamp, maar jy het die luuksheid van 'n chalet en verder heeldag buite, alles wat nodig is, is daar vir 'n vinnige herlaai sessie. Buitestort was lekker. Hoor en sien geen mens, net ou Viellies wat so nou en dan kom hello sê.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie Rene, bly julle het die tyd hier geniet. Dit is altyd lekker om sulke maklike, aangename en netjiese gaste te akkommodeer.

Monyane Bush Lodge
Leandra E - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Leandra E
Gesin met klein kinders

Wonderlike rustige wegbreek!

Ons was saam met ons 4 maande oue dogtertjie by Monyane Bush Lodge. Arno het ons wonderlik en gasvry ontvang. Dit was rustig en ons kon net ontspan het.

John-martin P - Apr 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
John-martin P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Plek is net en baie oulik, sal dit aanbeveel vir 'n couple!

Anne-marie D - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Anne-marie D
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Heerlike wegbreek!

'n Heerlike ontspanne naweek!

Lelani D - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lelani D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vrede en rustigheid in die bosveld.

'n Goeie plekkie om na toe weg te breek van die stad af. Dit is eenvoudig, heerlik en rustig. Dis 'n plek waar jy in verbinding kan tree met jou maat of jouself en net wees.

Gesie V - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Gesie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy van als wil wegkom en die bos wil geniet is dit die ideale plek.

Heerlike wegbreek in die bos. Geen mense om jou net stilte en natuur. Heerlik.

Sakkie En Sandra M - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Sakkie En Sandra M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlike, rustige verblyf.

Die eienaar, Arno, het ons vriendelik ontvang en ons het dadelik tuis gevoel. Die Livingstone-eenheid waar ons gebly het was netjies en skoon met alles wat ons nodig gehad het vir die naweek. Die buitestort was heerlik, selfs vroegoggend wanneer dit koeler was. As jy wil wegbreek na 'n stil plekkie in die bosveld met voldoende geriewe sonder stadsgeluide en televisie, is dit die plek vir jou.

Tienie B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Tienie B
Saam met eggenoot / lewensmaat

As jy stilte waardeer in die bos waar dit net jy en jou lewensmaat is gaan jy dit geniet.

Monyane Bush Lodge het my verras met sy spesiale maar ook welkome stilte. Geen beweging om jou nie en slegs die geluide van die bos hoorbaar. Nie eintlik wildlewe nie, maar die bosbewustheid om jou het opgemaak daarvoor. Kan op grondpaaie of deur die bos stap net om die natuur nog verder te geniet. Die lodge / huisie was netjies en voldoen aan al die basiese vereistes.

Bernadene E - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernadene E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfekte wegbreek van Pretoria af en jy's in middel van die bosveld.

Perfek vir die wat smag na 'n wegbreek na die stilte van bosveld op jou voorstoeppie en net die reuk van die bosveld wat jou omsingel. Niemand om jou nie, net die bosveld geluide wat jou omvou. Die eienaar is baie vriendelik, hulpvaardig en sy honde kind “Fielies” het elke dag vir ons kom kuier. Ons naweek in die regte bosveldhuisie was 'n awesome ervaring en buitestort was heerlik. Net om weg te kom en goed uit te rus is Monyane Bush Lodge die beste bosveldplekkie op aarde.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou positiewe resensie Bernadene. Dit was voorwaar n plesier om vir julle te kan ontmoet. Fielies gaan kyk gereeld of Robbie dalk terug gekom het.

Monyane Bush Lodge
Elize O - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Elize O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker rustig.

Dis lekker rustig en stil, vir iemand wat net wil wegkom uit die dorp se gejaag is dit die ideale plek, Arno was baie vriendelik en beleefd, en het jou sommer op jou gemak laat voel. Sal dit definitief aanbeveel.

Liezel L - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Liezel L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons het baie lekker uitgerus en ontspan.

Dis die ideale plekkie as mens wil wegbreek van die stad se gejaag. Jy kan 'n boek lees of net uitkyk oor die bos uitsig voor jou. Ons sal beslis weer by Monyane Bush Lodge 'n draai maak.

Christo V - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Christo V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Herinner aan die goeie ou dae!

Stilte, vrede en vreugde. Geen lawaai, geen musiek, geen gejaag, die mooiste nag geluide en net rus, vrede en nostalgie. Jakkalse gehoor, Vlakvarke gesien en selfs Bobbejaan se kind het lekker vir mekaar "geblaf" in die veraf koppies. Fiery necked naguile het by ons gekuier en reuse Gecko's het ons vermaak. Enige iemand wat graag die gevoel van n regte "strooihuisie" wil beleef moet die plekkie waardeer. Arno, daai huisie koop ek enige tyd. Die gevoel van 'n "buite toilet" en 'n warmwater "buite stort" is eg bos! As tyd ons toelaat kom ons kort, kort terug. Baie dankie.

Kim D - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kim D
Saam met vriende

Dit was 'n rustige regte bosveld plekkie. Baie oulik.

As jy wil afsluit van die stadslewe is dit die plek om te wees. Rustige, regte bosveld lewe. Pragtig en baie skoon plekkie. Sal weer enige tyd terug gaan.

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Baie dankie vir jou baie welkome kommentaar, Kim. Baie bly julle het die naweek geniet. Aangesien jy kommentaar gelewer het, neem ek aan die 50- en 100 km fietsrit was kinderspeletjies vir julle en lê julle nie in intensiewe sorg nie.

Monyane Bush Lodge
Pieter-carel V - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Pieter-carel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfek vir iemand wat will wegkom uit die alledaagse dinge.

Als wat jy nodig het is daar vir 'n naweek van rus en wegkom uit die alledaagse geraas. Eienaar is 'n aangename mens en baie behulpsaam. Nie vir mense wat luukshede soek nie maar eerder vir die wat dit vir hulself romantic en lekker wil maak. Moet asb nooit 'n tv in sit nie. So as jy hunker na 'n plek met mekaar se geselskap en 'n mooi sonsondergang is dit die plek vir you. Moet sê ek het eers gedink 'n vuurmaakplek op die grond sou lekker wees maar die een wat daar is werk uitstekend as jy op die stoep sit. Al wat ek dalk sal wou aanbeveel is lanterns vir atmosfeer en dalk n kaggel vir die winter.

Natalie B - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Natalie B
Enkelreisiger

Rus vir 'n mens se siel.

Monyane was vir my die perfekte plek vir 'n wegbreekkans om tyd op my eie deur te bring. Perfekte stilte - 'n ideale plek vir 'n skrywer of so. My hart mis net verskriklik baie vir my vriend, Villies. Ek sal gereeld moet gaan kuier!

Monyane Bush Lodge's terugvoer

Dankie vir jou kommentaar Natalie. Fielies gaan kyk gereeld of jy nie dalk terug gekom het nie.

Monyane Bush Lodge
Roelien P - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Roelien P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Perfekte plek om te rus, te herlaai en die natuur te bewonder!

Baie uniek, voel of jy in die middel van die bosveld is! Rustig!

Vanaf R775
per nag (plek vir 2)
Vanaf R775
per nag (plek vir 2)
Vanaf R775
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Nr 56, Sussensvale, Bela Bela/Modimolle, 0480, Limpopo
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkN2ZjYjNhLTQ3MjQtNGVkMi04OGQ4LWI3MTBkYzQzMjM3Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R775  per nag (plek vir 2) 30 5 1 5 Farm No 56 Sussensvale 0480 Limpopo 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -24.789072224943 28.332184553146
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!