Monyane Bush Lodge
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Nr 56, Sussensvale, Bela Bela/Modimolle, 0480, Limpopo
- Geen kinders onder 18
- Vanaf R790 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Weggesteek op 'n klein natuurplasie in die hartjie van die bosveld, sal jy Monyane Bush lodge vind. 'n Rustieke selfsorg-eenheid in n rustige ongerepte omgewing van die Waterberge in Limpopo. Dit is geskik vir werklike avontuurlustige, natuurliefhebbers wat die soms oorweldigende stilte en vrede geniet en gemaklik is met eenvoudige, funksionele tog effens stylvolle verblyf.
Ons Livingstone mukhukhu-eenheid, wat in Venda 'n rustieke struktuur beteken, het slaapplek vir 2 gaste. Die eenheid het 'n koningingrootte-bed, en suite-badkamer met 'n betonbad en buitestort. Dis ook toegerus met 'n waaier, mikrogolfoond, mini yskas, ketel, eetgerei en breekware. Die eenheid het ook 'n lekker kuierstoepie asook 'n buitekombuis met 'n ingeboude braai, 'n tweeplaatgasstofie en opwasplek. Let asseblief daarop dat TV's nie beskikbaar is nie.
Gaste kan swem (in die gemeenskaplike plonspoel), fietsry, voëlkyk en staproetes om die plaas aanpak. Doendinge in die omgewing sluit onder andere zipline-toere, verfbal, visvang, vierwielmotorfietsry, wildsritte, warmwaterbronne en olifantsafari's in.
Klein honde wat die eienaars se Yorkie goedgesind sal wees, is welkom indien vooraf gereël.
Let asb. op dat gaste 'n flits, hout of houtskool, swem handdoeke en ys indien nodig, moet saambring.
As jy hou van die idee om tyd te spandeer in 'n huisie in die bos, sal jy dit geniet by ons. Dis amper soos kamp, net baie lekkerder.
Neem asb. kennis dat geen kinders en enkel nag besprekings geakkommodeer kan word nie.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Plaas Nr 56, Sussensvale, Bela Bela/Modimolle, 0480, Limpopo
- Gaste dink Monyane Bush Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas Nr 56, Sussensvale, Bela Bela/Modimolle, 0480, Limpopo
- Geen kinders onder 18