Greyton Akkommodasie by Moonflower Cottage | LekkeSlaap
+7
+7

Moonflower Cottage

Selfsorg
  • Vanaf R1 950 per nag (vir 5 persone)
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mayslaan 28, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Moonflower Cottage is 'n bekoorlike kothuisie in die prentjiemooi Mayslaan in Greyton. Aan die voorkant van die kothuis is die leiwater-stelsel wat steeds in werking is en water aan die leiwater-dam in die tuin voorsien. Groot bladwisselende bome bied oorgenoeg skadu in die warm somermaande. Gaste kan 'n uitsig in die rigting van die Riviersonderendberge vanaf die stoep geniet.

Die selfsorg-kothuis beskik oor 'n hoofslaapkamer, 'n solder en 'n oopplan-kombuis en -sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n akkerhout-laaikas, hangplek vir klere en 'n klerekas. Daar is ook 'n reling vir klere en 'n muurverwarmer. Bo in die solder is daar 3 enkelbeddens - ideaal vir kinders. Die oopplan-kombuis is toegerus vir 'n plattelandse wegbreek en beskik oor potte, panne, glase, eetgerei, breekware, 'n ketel, 'n broodrooster, 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatgasstoof en 'n klein yskas-vrieskas. Die oopplan-sitkamer het 'n gietyster-kaggel wat sorg vir 'n knus en romantiese atmosfeer. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Badhanddoeke, seep, handeroom, 'n elektriese waaier en warmwatersakke word voorsien.

Gaste kan op die stoep om die groot tafel met stoele ontspan. Daar is ook verstelbare blindings wat ekstra skadu of son kan bied indien nodig. Gaste kan gerus van die vrystaande braai gebruik maak en hulle het toegang tot oorgenoeg veilige parkeerplek op die perseel.

Slaapplek

’n Bespreking by Moonflower Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Mayslaan 28, Greyton, 7233, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 950
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R1 950
per nag (vir 5 persone)
Vanaf R1 950
per nag (vir 5 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Mayslaan 28, Greyton, 7233, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZkMzQzZjBkLTI5MmUtNDU2Mi05ZWIzLWY0Mjk4MzA2OTJjMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 950  per nag (vir 5 persone) 28 Mays Lane Greyton 7233 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.054105522018 19.605054313492
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za