LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mopane Village Lodge Etosha | LekkeSlaap
+25

Mopane Village Lodge Etosha

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 3 resensies vir Mopane Village Lodge Etosha
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5
Christine S - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christine S
Saam met vriende

Ons het 'n heerlike verblyf vir twee nagte deur gebring by Mopane Village, ons was baie vriendelik ontvang deur Stefan en Leonie die dierbaarste gashere.

Die tented chalets is ruim met mooi wit beddegoed, kamers was baie skoon. Mopane Village is ideaal geleë net 14 km vanaf die Anerson-hek na die Etosha Reservaat. Ideaal vir enige gas wat so naby as moontlik wil bly aan die Anderson-hek van die Etosha-panne, die tented chalets is ruim en baie skoon die bestuurder Stefan en Leonie het gesorg dat ons ten alle tye versorg was en uit hul pad gegaan om ons gelukkig te hou. Doen julself 'n guns en bestel gerus 'n omelet die beste wat ons nog geëet het!

Sadia B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
3/5
Sadia B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjiese verblyf net buite Etosha.

Ons het heerlik gebly in die luukse tentkamp by Mopane. Die tente is in die bos weggesteek en ons het saans besoek van klein bokkies reg by ons tent gehad. Die Lodge is regtig op die voorstoep van Etosha Park en binne 10 minute se ry is jy in die Park. Die personeel is baie vriendelik en alles was netjies en skoon en goed onderhou. Die ontbyt is nou nie 5 ster nie, maar genoeg om die dag mee te begin. 'n Groot plus sal wees as hulle dalk net by elke eenheid braaigeriewe aanbring, want die eenhede is perfek geleë daarvoor. 'n Mens wil juis in die bos wees en die bos geniet en nie noodwendig elke aand aansit vir ete in die restaurant nie. Die Chalets se beskrywing op die webtuiste is eintlik die foto's van die Luukse Tente s'n. Gooi asseblief buite Etosha petrol en diesel in, want die park het nie altyd voorraad nie en dan moet jy 100 km ry net om petrol in te gooi.

Hein O - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Hein O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oulike akkommodasie naby Etosha.

Ons het twee aande hier geslaap, en dit was 'n geweldige ondervinding. Mopane is totaal "off the grid". Hulle gebruik net sonkrag en boorgate. Dit beteken daar is net krag in die luukse tente om iets te laai, en vir ligte. Water word deur donkies warm gemaak. WiFi is net beskikbaar by die restaurantarea. Etes was heel basies, maar tog smaaklik. Personeel is ontsettend vriendelik en hulpvaardig. Iets om te ondervind!

Vanaf R480
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R480
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R480
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 km van die Andersson-hek by Etosha Nasionale Park op die C38, Etosha, Ombika, 0000, Kunene
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE3NGZhNWJmLWFiOTgtNDlkNS1hMjVlLWFlZWVhYTkzN2E1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R480  per nag (vir 2 persone) 3 5 1 5 14 km from Andersson Gate at Etosha National Park on the C38 Etosha 0000 Kunene 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -19.455267 15.907475
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!