aanbod Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 15 Mrt 2020 tot 31 Mrt 2020.
Klein-Karoo Akkommodasie by Moroc-Karoo Guesthouse | LekkeSlaap
+49
+49

Moroc-Karoo Guesthouse

12 resensies
Gastehuis
  • Spesiale Aanbod - Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3.
  • Vanaf R1 100 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: moroc-karoo, Matjiesrivier, Oudtshoorn distrik , 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12

Beskrywing

Weg van die geroesemoes, in die Klein Karoo is daar 'n plek waar drome sweef oor die veld op die maat van die sterre se simfonie.

Moroc-Karoo is geleë in die asemrowende Matjiesrivier-vallei tussen die voorheuwels van die ontsagwekkende Swartberge - die tweede grootste bergreeks in Suid-Afrika. Ons bied gerieflike verblyf in 'n plaas-omgewing 45 km vanaf Oudtshoorn vir jou volgende wegbreek saam met jou gesin of jou vriende, of saam met jou lewensmaat.

Die ou plaashuis is goed ingerig en pragtig versier met invloede van die Karoo, Marokko en Frankryk, en daar is plek vir 7 gaste in 3 en suite-kamers. Een van die badkamers is oopplan en het 'n Victoriaanse bad en die ander twee het storte. Verder het elke kamer 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens, puik linne, eie ingang en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Smaaklike ontbyt, aandete of piekniekmandjies kan teen ekstra koste gereël word. Verblyf sluit slegs kamers in, maar B&B-verblyf is beskikbaar.

Die hele huis word verhuur, maar suites kan ook individueel bespreek word. Jou vierpotige vriende is meer as welkom, maar onthou om hulle asseblief altyd aan 'n leiband te hou.

Karoo Provencal is 'n volledige toegeruste, losstaande dubbelverdiepingkothuis met selfsorg-geriewe. Dié kothuis het asemrowende uitsigte en bied slaapplek vir 4 gaste. Die slaapkamer op die boonste vloer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, en op die onderste vloer is daar 'n dubbelbed en 'n oopplan-sitarea met 'n kombuisie. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

In die somer kan jy heerlik afkoel in ons swembadjie, voëls- en sterrekyk of staproetes aanpak en in die platteland rondry. In die winter kan jy voor die kaggel ontspan met 'n glasie port.

Daar is verskeie selfritroetes deur van die pragtigste natuurskoontonele in Suid-Afrika en is maklike toeganklik vanaf die gastehuis. Ander doendinge sluit die Kangogrotte, die Kango Landgoed-zipline, Cango Wildlife Ranch, volstruisplase, musuems, Meerkat Adventures, en die Buffelsdrift-wildplaas in. Moroc-Karoo is die aardse, kunstige en romantiese wegbreekplekkie waarvan jy nog altyd gedroom het.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Moroc-Karoo Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • moroc-karoo, Matjiesrivier, Oudtshoorn distrik , 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Moroc-Karoo Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Klein-Karoo Wes-Kaap
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: moroc-karoo, Matjiesrivier, Oudtshoorn distrik , 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2OGI2NWI0LTZhNjYtNDQ1Mi1iMTYxLTBjZWZlYTcyYWY4Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 moroc-karoo Matjiesrivier 6625 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-18:00 10:00 -33.391282971067 22.058892436683
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za