LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Moroc-Karoo Guesthouse | LekkeSlaap
+48

Moroc-Karoo Guesthouse

12 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 12 resensies vir Moroc-Karoo Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5
Margueritte B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Margueritte B
Saam met eggenoot / lewensmaat

So rustig en gasvry.

Janine het ‘n wonderlike plek in die Klein Karoo geskep! Die diere is almal baie vriendelik, asook hulle eienaar! Ons was vir 4 dae daar en het nog nie alles gesien nie. Ons sien uit om weer te gaan kuier.

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Hi Marqueritte

Ek is so bly julle het julle kuier by Moroc-Karoo geniet. Dit was 'n voorreg om julle te ontmoet en te bederf. Hoop ons sien julle gou weer hier in die Klein-Karoo.

Liefde van ons almal hier by Moroc-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Celise C - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Celise C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die perfekte plek om weg te breek en te ontspan in die hartjie van die Klein-Karoo.

Ons het heeltemal tuis gevoel by Janine en haar mense. Almal was baie vriendelik (selfs al die vierpootkinders). Ons kamer was goed toegerus en al die klein details het ons tyd daar ekstra spesiaal gemaak. Bestel gerus die ontbyt - ons het soos konings geëet. Laaste, maar nie die minste nie: Die uitsig vanaf die stoep is besonders mooi en maak dit die perfekte plek om te sit en ontspan.

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Hi Celise,
Dankie vir die pragtige terugvoer. Ons is so bly julle het julle tydjie by ons geniet. Elke stukkie detail en bederfie het ons gaste in gedagte om dit vir julle 'n onvergeetlike kuier te maak. Ons, die berg en die Karooveld en sterre wag vir julle volgende kuier.

Moroc-Karoo Guesthouse
Bernice K - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Bernice K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gebly.

Jammer ons kon nie vroeër kom of later ry nie. Het dit geniet.

Alida J - Mrt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Alida J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Aangenaam.

Sal enige tyd aanbeveel. Vriendelik, spontaan en gasvry.

Hannes D - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hannes D
Saam met vriende

Uitstekend met warm gasvryheid en 'n view op Swartberge to die for!

Baie vriendelik ontvang en geen versoek was te veel moeite nie, veral toe ons die aand wou braai is alle eetgerei aan ons verskaf. Janine en Ruan voorwaar uitstekende gasvrou en -heer. Sal beslis weer daar gaan oornag of miskien paar dae oorbly.

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Hallo Hannes

Baie dankie vir ons pragtige terugvoering. Dit is gaste soos julle, waarvoor ons dit graag spesiaal wil maak. Ons is so bly dat julle, jul verblyf by Moroc-Karoo geniet het. Ons sien uit na julle volgende kuier onder die Karoo-sterre.

Liefde en groete van ons almal hier by Moroc-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Jacob H - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Jacob H
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Ligging soos min en gasvryheid soos in die ou dae!

Janine en haar ma het ons laat voel soos konings en die atmosfeer wat hulle skep is wonderlik. Ons het gekuier soos by goeie vriende! Die ligging van die gastehhuis is ongelooflik. Dis regtig 'n stukkie van die paradys!

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Goeiedag Jacob,

Baie dankie vir jou positiewe terugvoer. Ons is so bly dat julle die atmosfeer, uitsig en jul kuier by Moroc-Karoo geniet het.
Hoop ons sien julle gou weer hier in die Klein-Karoo.

Met liefde van almal hier by Moroc-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Annelize K - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelize K
Gesin met tieners

Stilte en rustigheid met 'n uitsig op die Swartberge.

Hierdie gastehuis is 'n juweel aan die voet van die Swartberge. Pragtig ingerig om te ontspan met keurige dekor. Die gasvryheid van die eienaars is warm en hulle ontsien nie moeite om jou verblyf so gemaklik as moontlik te maak nie. 'n Heerlike plonspoel en kamers met uitsig op die Swartberg is 'n bonus. Ons gesin het heerlik gekuier saam met ons viervoet kinders en 'n kamer vir oupa en ouma wat gelyk oppervlak het. Definitief 'n besoek werd!

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Hi Annelize

Baie dankie vir jou positiewe terugvoering. Ons is so bly dat julle, jul verblyf geniet het en dit was ons voorreg om julle te bederf.
Ons hoop ons sien julle gou weer hier, in die mooie Klein-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Denise V - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Denise V
Gesin met tieners

Karoo-juweel.

Baie goed ingerigte selfsorg-akkomodasie. Pragtige omgewing met prentjiemooi uitsig oor die vallei. Die interieur is stylvol en romanties. Dis 'n plek waar jy kan stil word en jou battery herlaai.

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Hi Denise

Baie dankie vir die goeie terugvoering. Ons is so bly dat julle dit geniet het hier by ons en hoop ons sien julle gou weer.

Liefde van ons almal hier by Moroc-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Joke V - Okt 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Joke V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heel gastvrije bizondere mensen en leven vanuit hun hart en ziel om het ons zo goed mogelijk naar de zin te maken.

Zulke lieve mensen met alle aandacht voor hun gasten. Het was een contact op een speciale wijze voor ons en we hebben elkaar in het hart gesloten. Het uitzicht vanuit het terras is heel mooi, kijkend op de Swartberg pass, maar ook de mooie stilted heeft ons heel goed gedaan. Grote complimenten voor het avondeten, dat was baaie lekker. We zijn weggegaan als vrienden. Nogmaals dank.

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Dankie vir ons stunning review Joke en Huub. Dit was so 'n voorreg om julle hier te hê. Mag al ons toekomstige gaste dit so geniet hier by Moroc-Karoo. Julle was modelgaste. Ons deur staan altyd oop vir julle hier in die Klein-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Elmarie S - Feb 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elmarie S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik!

Ons is op die hande gedra van begin tot einde! Gasvry, heerlik gekuier. Pragtige natuurskoon. Kan Moroc-Karoo beslis aanbeveel!

Niki V - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Niki V
Gesin met tieners

Die ideale stilte om jouself weer te kan hoor.

'n Pragtige plaas aan die voet van die Swartberge. Die kothuis is pragtig ingerig met die mooiste uitsigte. Selfs my hondekinders was welkom. Dit was voorwaar 'n heerlike ervaring gewees!

Christof O - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christof O
Saam met eggenoot / lewensmaat

Die hartjie van die Klein Karoo ... Moroc.

Moroc-Karoo kan in een woord beskryf word ... familie! Jy word verwelkom deur vriendelike gesigte, 'n donkie met die naam Bella, 'n paar vriendelike honde (hulle is troeteldiervriendelik so bring jou dierekind saam) en natuurlik Sanna se varsgebakte plaasbrood saam met plaasbotter en vyekonfyt net soos jy dit in die Klein Karoo sou kry. Definitief 'n aanbeveling vir 'n wegbreek!

Moroc-Karoo Guesthouse's terugvoer

Dankie Christof. Bly julle het dit geniet hier by ons. Kom kuier gerus weer hier in die Klein-Karoo.

Moroc-Karoo Guesthouse
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 100
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: moroc-karoo, Matjiesrivier, Oudtshoorn distrik, 6625, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2OGI2NWI0LTZhNjYtNDQ1Mi1iMTYxLTBjZWZlYTcyYWY4Nw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 moroc-karoo Matjiesrivier 6625 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-18:00 10:00 -33.391282971067 22.058892436683
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!