Rosendal Akkommodasie by Mosamane Guest Lodge | LekkeSlaap
+26

Mosamane Guest Lodge

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beatrix Farm, , Rosendal, 9720, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R360 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mosamane is 'n omgewingsvriendelike selfsorg-lodge. Daar is 'n donkie vir warm water in die slaapsaalbadkamers, die res van die lodge werk met gas en sonkrag. Die opgeknapte skuur op die Mosamane-plaas is omskep in 'n lieflike lodge met 5 en suite-slaapkamers wat tot 17 gaste huisves (24 as jy die rugsakreisigerskamer insluit).

Al die kamers en die gemeenskaplike leefareas het kaggels. Een bondel hout per kaggel word elke dag voorsien. Die rugsakreisigers-eenheid bied slaapplek aan 7 gaste op enkelbeddens en lei na 'n onderdakdek. Daar is 'n ablusieblok met 6 toilette, en 6 storte met warm water en ’n area vir skemerkelkies. Daar is 2 braaiplekke en 'n boma. Al 3 kombuis-areas het yskaste en die hoofkombuis het ’n gasstoof, groot etenstafel en banke in die sitarea.

Doendinge by Mosamane sluit stap (9 km), bergfietsry (16 km) en voëlkyk in. Stap- en perdrygidse is ook beskikbaar op versoek. Dit is ook heerlik om te ontspan en te sit en lees op ons ruim verandas! Ons golwende grasvelde, bergfynbos, valleibosveld, kloofwoude, diepklofie en sandsteenkranse is asemrowend. Die plaas is 6 km suid van die Oos-Vrystaatse dorpie Rosendal op die R70 halfpad tussen Senekal en Ficksburg (40 km) geleë. Die rustieke sandsteendorpie Rosendal het 'n uitstekende restaurant en verskeie kuns- en handwerkwinkeltjies.

Verskeie opwindende feeste word gehou op Rosendal en Ficksburg. Besonderhede is beskikbaar op versoek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wildkyk
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 13 resensies vir Mosamane Guest Lodge
Netheid
4.5/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Beatrix Farm, , Rosendal, 9720, Vrystaat
  • Gaste dink Mosamane Guest Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R360
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Beatrix Farm, , Rosendal, 9720, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDYxYTg5YTFlLTFlNDQtNDRlNy1hYmQwLTU2YWJmN2M2Y2NlNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R360  per nag (vir 2 persone) 13 5 1 5 Beatrix Farm Beatrix Farm 9720 Vrystaat 086 999 0018 13:00-19:00 11:00 -28.554805871811 27.953937487109
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za