15% af Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 30 Sep 2020.
Voorbaai Akkommodasie by Mosselbaai Diaz Sea Cottage | LekkeSlaap
+17
+17

Mosselbaai Diaz Sea Cottage

  • Spesiale Aanbod - Kry 15% af
  • Vanaf R1 150 per nag (plek vir 7)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East-boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Mosselbaai Diaz Sea Cottage is 'n huis wat onlangs volledig opgeknap is, en in 'n vakansiekompleks in Mosselbaai/Diaz geleë is. Dié eenheid is net 30 m vanaf die swemstrand, en ook naby verskeie besienswaardighede, winkels en restaurante. Die strand is baie privaat en veilig.

Gaste kan na Hartenbos stap om daar ontbyt te gaan eet by die nuwe sentrum, of gaste kan na Diaz Hotel stap en die warm swembaddens en glyplanke geniet.
Die winkels is net 1 km ver.
George, Wildernis, Sedgefield en Knysna is ook net om die draai.

Die eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 7 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 'n dubbelbed, en die derde kamer het 3 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n groot, moderne stort, toilet en 'n wasbak. Al die kussings en beddegoed is nuut

Daar is 'n ruim oopplan-sitkamer, -braaikamer en -kombuisarea.

Gaste moet hul eie handdoeke bring. Die volledige DStv-pakket is beskikbaar teen 'n ekstra koste per dag.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is in die huis verbode.

Die kombuis is volledig toegerus met al die nodige toebehore vir selfsorg soos 'n stoof, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het 'n sitkamer met gemaklike sitplek vir baie mense, 'n TV, eetarea en braaikamer. Daar is sitplek vir meer as 10 mense in die leefarea.

Let wel dat die kothuis 30 m van die strand af is, maar daar is 'n huis langs die kothuis aan die see se kant. Daar is wel 'n see-uitsig vanaf die braaikamer.

Die kompleks bied veilige onderdak-parkeerplek vir 2 voertuie en daar is ook 'n gemeenskaplike omheinde swembad.

Slaapplek

’n Bespreking by Mosselbaai Diaz Sea Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 3 persone
3 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 10 resensies vir Mosselbaai Diaz Sea Cottage
Netheid
4.6/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Beach East-boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mosselbaai Diaz Sea Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 7)
Vanaf R1 150
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Beach East-boulevard, Diaz-strand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY3YWViZDkyLWQ2MzItNDI2YS05MWRlLTE1MTU1NDM0Njg1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 150  per nag (plek vir 7) 10 5 1 5 Beach East Boulevard Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.153330721702 22.109859287739
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za