Linkside Akkommodasie by Mossel Bay Harbour Views 1 | LekkeSlaap
+24
+24

Mossel Bay Harbour Views 1

Selfsorg
  • Vanaf R3 500 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High-straat 32, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Mossel Bay Harbour Views 1 is in Mosselbaai geleë en bied gehalte-verblyf wat ideaal is vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie doendinge, besienswaardighede en die gewilde strande van Mosselbaai geleë en spog met 'n 270º-uitsig oor die hawe en see.

Die luukse huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n privaat deur wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Handdoeke en linne word vir gaste voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met alles wat gaste nodig sal he vir sorgvrye selfsorgverblyf. Daar is 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser.

Die leefarea het 'n eetarea met oorgenoeg sitplek en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n binnebraai en 'n skuifdeur wat na die balkon met uitstekende uitsigte en stoepmeubels lei - hiér kan gaste lekker saam kuier.

Mossel Bay Harbour Views 1 bied gaste veilige parkeerplek op die perseel, sowel as die gebruik van die toesluitmotorhuis.

Die huis is naby 'n hele rits winkels, restaurante, die vuurtoring en The Point Hotel.

Slaapplek

’n Bespreking by Mossel Bay Harbour Views 1 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Ligging

  • High-straat 32, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 500
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R3 500
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: High-straat 32, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqaNIQjNJrZOjmyXonwhAyBbu68T5He3bL1f1oLilIgaQea6kuL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 500  per nag (vir 6 persone) 32 High Street Mossel Bay 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.184757 22.151248
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za