Mossienes
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rivertide 1, Krommerivier, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Mossienes is op die Rivertide-landgoed aan die oewer van die Krommerivier, net 4 km van St. Francisbaai af geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.
Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste. Elke slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Daar is 3 badkamers. Die hoofbadkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede en derde badkamers het elk 'n stort, toilet en 'n wasbak en daar is 'n gastetoilet vir gaste se gerief.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus.
Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV en die eetarea het oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye kan geniet. Daar is ook gratis WiFi.
Daar is lieflike braaigeriewe, waaronder 'n ingeboude binnebraai, 'n boma en 'n braai op die dek met 'n uitsig oor die rivier.
Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.
Gaste kan ook gerus hul boot saambring. Daar is 2 kano's by die huis beskikbaar.
Die landgoed is veilig en heeltemal omhein om gaste se veiligheid te verseker.
Slaapplek
’n Bespreking by Mossienes sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Visvang
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
Ligging
- Rivertide 1, Krommerivier, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Kouga-Omgewing Oos-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Rivertide 1, Krommerivier, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom