Mostert-Huis Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mostert-Huis Self-catering Accommodation is aan die Weskus in die klein dorpie van Melkbosstrand naby Kaapstad geleë. Daar is verskeie natuurreservate en voetslaanroetes in die omgewing. Ander besienswaardighede sluit in die V & A Waterfront, Kaapstad se sakekern en Tafelberg wat minder as 30 minute se ry is asook verskeie wynroetes wat net 20 minute hiervandaan is.

Die eenheid is op dieselfde perseel as 'n geskiedkundige huis wat pragtig opgeknap is. Dit is net 'n klipgooi van die strand af. Die eenheid het slaapplek vir 2 gaste en het 1 en suite-slaapkamer, 'n leefkamer en 'n kombuis. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n uitsig oor die pad. Daar is 'n ruim stort, 'n toilet en 'n wasbak in die badkamer. Hoewel die eenheid langs die hoofhuis is, is dit heeltemal afgesonder en het sy eie privaat ingang. Die huis het 'n oopplan-kombuis en -sitkamerarea. Die kombuis is toegerus met pragtige toonbanke, 'n roosteroond met 2 stoofplate, mikrogolfoond, broodrooster en 'n ketel. Daar is 'n TV met volledige DStv.

'n Aparte en ekstra en suite-kamer is op versoek beskikbaar vir 2 ekstra gaste. Die kamer is nie in dieselfde gebou as die selfsorgwoonstel geleë nie (sowat 25 m van mekaar af) en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kamer kan net saam met die hoofwoonstel bespreek word.

Skuifdeure lei na die patio waar gaste gerus die braaigeriewe kan benut en die lieflike weer kan geniet. Gaste kan ook die gedeeltelike see-uitsigte vanaf die patio bewonder.

Slaapplek

'n Bespreking by Mostert-Huis Self-catering Accommodation sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mostert-Huis Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 630 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za