Mosterts Hoek Guest House
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosterts Hoek Plaas, Breerivier, Breedekloof, 6858, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 000 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Mosterts Hoek is 'n plaasstyl-selfsorghuis in 'n rustige omgewing wat 360°-uitsigte op die berge bied. Hiér kan jy die Slanghoekvallei op sy beste ervaar met wingerde wat tot by die horison strek. Mosterts Hoek is halfpad tussen Ceres en Worcester, net 'n uur se ry vanaf Kaapstad en 120 km van Kaapstad Internasionale Lughawe af – dié perfekte naweek-wegbreekplek.
Mosterts Hoek is 'n gemengde boerdery met vrugte en vee. Daar is 'n magdom fynbos en inheemse wild op jou voorstoep wat skilpaadjies, luiperds, verskeie voëlsoorte en bobbejane insluit, en daar is 'n wildkamp op die plaas.
Die selfsorgplaashuis het slaapplek vir tot 8 gaste en daar is 4 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -eetkamer en -leefkamer. Die eerste, tweede en derde slaapkamers beskik elkeen oor 'n dubbelbed en die vierde kamer het 2 enkelbeddens.
Die kombuis is toegerus vir selfsorgverblyf met 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die knus leefarea bevat ook 'n kaggel. Buite is daar 'n braaiplek en 'n wonderlike swembad. Die swembad is regdeur die jaar vir gaste se gebruik beskikbaar, maar dis veral 'n groot bederf om gedurende die somer in die swembad af te koel en die berg-uitsigte te geniet. Ons het ook WiFi beskikbaar.
Die pret, ontspanne atmosfeer maak van Mosterts Hoek die ideale wegbreekplek vir 'n gesin of groep vriende wat in die platteland wil kom rus met ongelooflike uitsigte oor die berge en die Breeriviervallei.
Slaapplek
’n Bespreking by Mosterts Hoek Guest House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Eetkamer
- Kaggel
- Sitkamer
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Noelette Wilkinson / Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Jaar gelys 7
Ligging
- Mosterts Hoek Plaas, Breerivier, Breedekloof, 6858, Wes-Kaap
- Gaste dink Mosterts Hoek Guest House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Breedekloof Worcester Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Mosterts Hoek Plaas, Breerivier, Breedekloof, 6858, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom