Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Motel Mi Pi CHi

Gastehuis
Op die Nippertjie-aanbod 25% af

Kry 25% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vierdelaan 35, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 190 R893 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Motel Mi Pi CHi is 'n ligte, wit oop ruimte en die ideale toevlugsoord vir diegene wat bietjie wil rus na 'n besige dag in Johannesburg.

Ons is baie uniek en gebruik ons ligging om 'n ware Afrika-ervaring te bied met 'n kontras tussen die rustige en kalm interieur en die lewendige strate van die stad oor naweke.

Die motel is ontwerp deur die argitek Andrew Makin, 'n verskriklike kreatiewe wese wat al bygedra het tot verskeie keerpunt-projekte soos die Suid-Afrikaanse Konstitusionele Hof, Singita Lebombo en Sweni in die Krugerwildtuin.

Ons plekkie is maklik om te vind en maklik om by in en uit te kom. Dit is regtig 'n onverwagte oase aan die ander kant van 'n growwe, hoë baksteenmuur in Melville se besige Vierde Laan.

Daar is 'n baie oulike pienk neon-teken wat die plekkie aandui. Dit is net 'n klein leidraad na die stylvolle en moderne verblyf wat net agter die indrukwekkende voorste muur lê. Dit is die perfekte plek vir wêreldreisigers om hulle sakke uit te pak en hulself tuis te maak. Ons lieflike oornagplekkie bied jou die geleentheid om weer jou batterye te herlaai en jouself bietjie te verfris en verkwik op pad na Johannesburg, Mzansi se mees moderne "Afropolitan"-hoofstad.

Ons is in Vierde Laan, in die hartjie van Melville geleë en is naby genoeg sodat jy deur die strate kan wandel op soek na 'n lekker espresso, of jy kan heerlik deur die tweedehandseboekwinkel in Johannesburg se mees kosmopolitiese dorpie snuffel.

Indien jy eerder 'n stil, huislike naweek verkies, moet jy maar eerder verder noord soek. Maar as jy lus is vir 'n bietjie naweek-pret dan kan jy gerus Sewende Straat se rits kroeë en kafees op die proef stel. Dit is slegs 'n hanetreetjie van ons af. Sewende Laan het dan selfs 'n daaglikse sepie wat na dit vernoem is!

Ons is lekker naby die grinterige stad en die M1-hoofweg wat lei na die spoggerige Noordelike Voorstede. Melville het definitief die beste ligging vir enige tipe besoek aan Johannesburg.

Elke slaapkamer-suite maak oop op 'n gidspleister-stortkamer met ondervloerse verhitting. Die stortkamer lei dan op sy beurt na 'n klein, privaat binnehof met 'n waterval. Gaste sal waarlik voel asof hulle hul eie stukkie wildernis het om te geniet. Dit is soos om 'n sensuele buitestort te geniet, maar sonder enige van die sukkel.

Ons oop, sigbare klere-relings (met oorgenoeg hangers) sorg dat jy nie in 'n donker kas moet rondgrawe om te vind wat jy wil aantrek nie. Elke stortkamer het ook 'n haardroër en skeerpunt.

Die motel is die liefdeskind van Nicky Rofail wie se humor en vindingrykheid die plek sy karakter en bekoorlikheid gegee het. Sy is die edelmoedige persoon wat die rede is vir die verrassingspakkies vol NikNaks, Liquorice All Sorts, Sugus en ander lekkers.

Kenmerke

Afrikaans
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 14 resensies vir Motel Mi Pi CHi
Netheid
4.5/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

NICKY Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Jaar gelys 13

Ligging

  • Vierdelaan 35, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Gaste dink Motel Mi Pi CHi het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 190
R1 190 R893
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 190
R1 190 R893
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Vierdelaan 35, Melville, Johannesburg, 2092, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDEwMWQ3OWUwLWI2MWItNGU3Ny1hNWI5LTc5ODI0ZjZjMmE5Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 190 nouVanaf R893 per nag, vir 2 mense 14 5 1 5 35 Fourth Avenue Melville 2092 Gauteng 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -26.17601 28.00231
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem