Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Motswiri Private Safari Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Madikwe Wildreservaat, Buite Zeerust, R49, Wonderboom-hek, 2864, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R15 720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Motswiri Private Safari Lodge is in die westelike deel van die Madikwe Wildreservaat in Noordwes. Dié malaria-vrye reservaat is 75 000 hektaar groot en is die tuiste van die Groot 5. Motswiri Private Safari Lodge is 'n eksklusiewe lodge wat 'n persoonlike bos-ervaring aan gaste bied. Die lodge spog met van die beste uitsigte in Madikwe en 'n rustige atmosfeer wat deur die ou bome (meestal hardekoolbome) geskep word. Die lodge se hoofgebou en luukse bosvillas skuil ook onder hierdie bome.

Motswiri se luukse verblyf bestaan uit 5 luukse bosvillas en 'n privaat en luukse gesinsvilla. Dié villas bied pragtige uitsigte vanaf privaat dekke en het elkeen 'n gaskaggel, lieflike badkamer en 'n buitestort wat die boservaring onvergeetlik sal maak. Die bosvillas bied elkeen slaapplek aan 2 gaste en die gesinsvilla bied slaapplek aan 6 gaste.

Die luukse gesinsvilla bied 3 slaapkamers met en suite-badkamers en 'n privaat sitarea wat na 'n privaat dek en swembad langs die boma lei.

Daar is 'n randvloeiswembad met 'n uitsig oor die watergat by die lodge se hoofarea en dis die ideale plek waar gaste 'n skemerkelkie onder die bome kan geniet of op die hoofdek, in die sitkamer buite of by die kroeg ontspan. Heerlike maaltye word in die eetkamer, onder die hardekoolbome of om die vuur in die boma voorgesit.

Die personeel bied persoonlike diens in 'n ontspanne maar professionele manier en die wildritte 2 keer per dag word deur die wildbewaarders behartig. Die wildritte laat die wildbewaarders toe om hulle uitstekende kennis van die bos op 'n opwindende en informatiewe manier met gaste te deel.

Motswiri Private Safari Lodge bied slaapplek aan 16 gaste en dis die ideale plek vir individuele besprekings of groepbesprekings wat nie die geriewe met ander gaste wil deel nie.

Motswiri is minder as 5 ure se ry vanaf Johannesburg of gaste kan 'n invliegsafari na die reservaat geniet. Federal Air bied daaglikse vlugte.

Motswiri Private Safari Lodge se tariewe sluit luukse verblyf, alle maaltye en 2 fantastiese wildritte per dag in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Motswiri Private Safari Lodge
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Madikwe Wildreservaat, Buite Zeerust, R49, Wonderboom-hek, 2864, Noordwes
  • Gaste dink Motswiri Private Safari Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R15 720
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R15 720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Madikwe Wildreservaat, Buite Zeerust, R49, Wonderboom-hek, 2864, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe87a24d120c6e6721daa1a980d15958ba0f494df1eca8d916f1526e2c7818d527519a907bd1aa444ed088b127cd33cecdc1c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R15 720 per nag, vir 2 mense 2 5 1 5 Madikwe Game Reserve Outside Zeerust, R49 2864 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -24.767425 26.162625