Mount Amanzi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mount Amanzi is 'n gesinsoord aan die oewer van die Krokodilrivier in die Magaliesberge met 'n gerieflike ligging naby Hartbeespoortdam.

Die oord bied selfsorg-akkommodasie in 166 toegeruste selfsorg-chalets en 'n opwindende reeks geriewe. Elke chalet het slaapplek vir 5 gaste op 1 dubbelbed en 3 enkelbeddens. Elke chalet het sy eie braaigeriewe en onderdakparkeerplek vir 1 voertuig. Al die chalets het trappe binne én op die veranda en daarom is dit ongelukkig nie toeganklik vir rolstoele nie. Linne, badhanddoeke, eetgerei en breekware word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring. Elke chalet het 'n mikrogolf, stoof en 'n TV met beperkte DStv. Die chalets word 6 dae 'n week skoongemaak.

Daar is 'n à la carte-restaurant op die perseel met 'n afleweringsdiens tot by die chalets. Die oord het 2 groot koue swembaddens, 2 babaswembadjies en 1 oop, verhitte swembad. Ander doendinge sluit avontuurgholf, vlugbal, jukskei en en 'n buitemuurse dambord en skaakstel in. Elke Dinsdag en Sondag is daar 'n geleentheid vir ma's om die aand af te vat en elke eerste Sondag van die maand is daar 'n middagete-buffet. Die geriefswinkel naby die ontvangs het al die basiese benodigdhede en 'n verskeidenheid lekkernye en geskenkies. Die tuisgebakte brood is beslis iets om te proe terwyl jy hier bly.

Beauty @ Mount Amanzi is 6 dae 'n week oop met weeklikse aanbiedings om gaste met Theravine- en Theranaka-behandelings te bederf. Die spa bied ook LCN-nael- en pedikuurbehandelings én Little Princess-verjaarsdagpakkette. Die vermaakspan het 'n prettige 6-dag-program vir alle ouderdomsgroepe wat alles van kuns en kunsvlyt tot bergwandelings en 'n uitdaging op die buitemuurse gimnasium insluit.

Die verblyf is omring deur prentjiemooi natuurskoon met pragtige voëllewe, 'n verskeidenheid bome, 'n bergreeks en visvang. Daar is ook 'n begeleide wandeling deur die bome waarvan natuurliefhebbers sal hou. Die oord bied kompeterende pakkette vir spanbou, konferensies en ander geleenthede. Daar is 'n bekoorlike kapel wat ideaal is vir 'n trouvenue, 'n pasgemaakte troudiens en geriewe vir kombuistees en bederfpartytjies.

Doendinge in die omliggende omgewing sluit sonsondergangbootritte op Hartbeespoortdam, helikoptervlugte, warmlugballonvlugte, perdry, sweefseil en sweefski, gholf, Harties-kabelspoorweg en die Elephant Sanctuary in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mount Amanzi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R960 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za