LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mount Ceder | LekkeSlaap
+116

Mount Ceder

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R480 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mount Ceder is die perfekte selfsorg-naweekbestemming in die Cederberg. Dit bied aan gaste 'n hele rits aktiwiteite en verblyf-opsies. Mount Ceder is in 'n vallei en word omring deur dramatiese berge. Dit is op die hoofroete wat deur die Sederberge strek.

Verblyf word in verskeie sjarmante selfsorggastehuise met slaapplek vir tussen 2 en 6 gaste gebied. Al die huise het linne, handdoeke, eetgerei, breekware, 'n yskas, stoof en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n kaggel en 'n braai buite elke huis. Mount Ceder het ook 3 kampeerplekke wat lekker ver uitmekaar is om privaatheid te verseker. Gaste moet hul eie tente en kamptoerusting saambring. Elke kampeerterrein het sy eie ablusiegeriewe.

Vir diegene wat nie lus is vir kosmaak en selfsorg nie, is daar 'n restaurant met smullekker maaltye wat bestel kan word. Die aandete is 'n vaste spyskaart met 'n driegangmaaltyd wat 24 uur vooruit bespreek moet word. Aktiwiteite sluit in bergfietsry, kanovaart, staproetes, voëlkyk en swem in die rivier. Buiten die staproetes en swem op die perseel, is Mount Ceder ook binne ry-afstand vanaf verskeie ander besienswaardighede in die Cederberg-area en 4x4-roetes.

Die Cederberg is net 2 en 'n half ure se ry van Kaapstad af, maar tog is die landskap so anders as dié van die Moederstad. Dis wilder en warmer met 'n rou, dramatiese prag.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniek-middagete
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 138 resensies vir Mount Ceder
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mount Ceder het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R480
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 74 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Ceder, Koue Bokkeveld, Sederberg, 6836, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5613242375204a1306b6c350978a537c16729ba46decd3ea2c761b1672e6b8e44f3831c8c37c2ce41a9049ec73d3f129c3c3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R480  per nag, vir 2 mense 138 5 1 5 Mount Ceder Koue Bokkeveld 6836 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -32.648603355985 19.409007199753
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!