Mount Elsewhere

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mount Elsewhere is 'n selfsorg-eenheid op die eienaar se perseel en grens aan die Tafelberg Natuurreservaat. Die eenheid bied 'n pragtige uitsig oor Houtbaai, en die perfekte oornagplekkie vir natuurliefhebbers en diegene wat vrede en rustigheid geniet. Die instansie is 'n kort ent se ry van Houtbaai en Llandudno se strande en Constantia se wynlande af.

Gaste het ekslusiewe gebruik van die onderste vloer van 'n afgesonderde berg-houthut. Die hut bied slaapplek aan 3 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en ingeboude kaste. Daar is 'n enkelbed in die sitkamer wat 'n derde gas kan akkommodeer. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuisie is toegerus met 'n tweeplaatstofie en oond, 'n yskas, ketel, broodrooster, mikrogolf, breekware en eetgerei. Gaste het hulle eie privaat dek met uitsigte, asook 'n eetarea en dekstoele om op te ontspan.

Gaste het 'n aparte ingang met 'n alarm en hul kan op die perseel parkeer. Daar is ook toegang tot 'n afgesonderde tuin met 'n natuurlike bergpoel wat deur die bergstroom gevoed word, asook 'n verskeidenheid voëls. Jy is ook welkom om die braaier by die swembad te gebruik. Die eiendom is die laaste huis teen die berg, so, loop uit by die agterdeur en jy is op die berg.

Slaapplek

'n Bespreking by Mount Elsewhere sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe

Aktiwiteite op perseel

  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mount Elsewhere gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za