Mount Sheba, A Forever Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mount Sheba is geleë in 'n welige, inheemse woud in 'n omgewing met 'n asemrowende natuurskoon. Kom ontspan in hierdie luukse 4-ster-lodge.

Hierdie Mpumalanga-lodge is 22 km oos van die legendariese delwersdorpie Pelgrimsrus. Die lodge versinnebeeld elegansie, styl en bekoring en gaste word bederf met hartlike gasvryheid. Daar is 14 koninggrootte-kamers, 1 "executive"-suite en 10 kamers met 2 enkelbeddens.

Verlustig jou in die asemrowende natuurtonele, kom ontspan voor die knetterende kaggelvuur op 'n koue aand of verken die fauna en flora van hierdie betowerende landskap met 14 staproetes. Of jy nou 'n romantiese wegbreek, 'n salige woudtroue of 'n konferensie beplan, jou soektog het sopas tot 'n einde gekom: Mount Sheba is 'n rare vonds. Kom beleef dit self!

Akkommodasie:

Koninggrootte-suites:
Unieke oopplan-slaapkamer en -sitarea wat jou so tuis soos by jou eie huis sal laat voel. Die slaapkamer lei na 'n koloniale sitkamer en 'n en suite-badkamer.

Gesin-suites:
Die ruim leefarea op die onderste vloer en aparte badkamer skep 'n gevoel van privaatheid met die natuur op jou drumpel. Die stel trappe na die solder lei jou na 'n koningingrootte-bed in 'n vertrek met 'n ontspanne atmosfeer. Op die onderste vloer is daar 'n stapelbed vir 1 volwassene of 2 kinders, 'n en suite-badkamer, 'n TV met 8 DStv-kanale en 'n kaggel.

Executive Suite:
Hierdie suite is ingerig met 'n oopplan-kroeg en sitkamer-area met 'n aparte slaapkamer, 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort en 'n aparte toilet. Die sitkamer en die slaapkamer lei via dubbelglasdeure na die privaat stoep. Die kroegie (beskikbaar op versoek) en 'n privaat eetarea dra by tot die rustigheid van hierdie pragtige plek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Wynkelder
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mount Sheba, A Forever Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 350 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za