Mountain and Sea Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain and Sea is 'n woonstel in Kommetjie met 3 privaat woonstelle vir vakansiegangers. Die akkommodasie is naby die strand geleë en bied wonderskone see- en berg-uitsigte. Kom ontspan in die sonnetjie op die houtdek of koel af in die privaat swembad. Al 3 woonstelle is heeltemal privaat en het hulle eie swembad en tuin of balkon. Ektsra beddens kan bygevoeg word vir ekstra gaste. Dis die perfekte plek om jou vakansie deur te bring - in die rustige kusdorp Kommetjie.

Die eerste woonstel het 1 slaapkamer en 2 badkamers en spasie vir 'n enkelbed. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed met uitsigte op die see. Die badkamer beskik oor 'n vrystaande bad en 'n stort. Die kombuis is volledig toegerus vir al jou selfsorg-behoeftes. Die oopplan-sitkamer het gerieflike sitplek en dit bied toegang tot die houtdek met sy eie privaat swembad en braai-area. Daar is 'n slaapbank beskikbaar vir addisionele gaste of kinders.

Die tweede woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 1 koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 1 dubbelbed. Daar is 'n tweede badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die oopplan-kombuis en -leefarea het al die nodige luukse en bederfies vir gemaklike selfsorg. Daar is ook 'n groot dek met 'n starea vanwaar die pragtige sonsondergang en -opkoms, en die uitsigte oor Kommetjie-strand en die Houtbaai-berge bewonder kan word. Die woonstel het ook sy eie swembad agter die huis.

Die derde woonstel op die boonste vloer is 'n pragtige tweeslaapkamerwoonstel wat oor die hele strand en Houtbaai-berge uitkyk. Die woonstel is ruim en oopplan en al die kamers het see-uitsigte. Ekstra groot stapeldeure maak oop op 'n privaat balkon en groot swembad met onbelemmerde uitsigte van die sonsondergang en -opkoms. Die kombuis-/braai-area is ten volle toegerus. Die woonstel maak ook oop na die agterkant van die huis met uikykdek. Lieflike bergpaadjies en strandrestaurante is net 'n klein entjie se stap ver.

Mountain and Sea is naby plaaslike restaurante, 'n klein kafee en die pragtige, uitgestrekte strand wat bekend is vir sy ideale branderplankry-toestande.

Let. asb. daarop dat daar trappe is wat na al die woonstelle toe lei, so gaste moet dit in gedagte hou wanneer hulle verblyf bespreek.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain And Sea Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (plek vir 3)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za