Mountain Escape Villa and Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain Escape Villa and Apartment bied selfsorgverblyf in Tamboerskloof in Kaapstad. Die perseel is ideaal geleë naby verskeie besienswaardighede en sakegeriewe in en om die middestad. Verblyf word gebied in die hoofhuis en 'n losstaande woonstel wat saam of apart bespreek kan word.

Die hoofhuis het lugversorging en slaapplek vir 10 gaste. Dit beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die ten volle toegeruste kombuis het al die nodige toebehore om maaltye voor te berei en het ook 'n opwasarea. Die ruim oopplan-leefarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 10 mense , 'n formele sitkamer en 'n TV-area. Verder is daar WiFi, sekere DStv-kanale, Showmax, Netflix en Apple TV.

Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed. Daar is ook 'n en suite-badkamer, aparte leefkamer en 'n kombuisie met verhit-en-eetgeriewe, soos 'n yskassie, mikrogolfoond, Nespresso-masjien en 'n ketel. Die woonstel het ook WiFi en 'n TV.

Gaste het toegang tot 'n swembad en braaigeriewe op die perseel wat gedeel word. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie.

Die perseel is ideaal geleë naby kroeë, restaurante en sowat 4,5 km vanaf Tafelberg se kabelkarretjie, Kaapstad-stadion, V&A Waterfront en 21,5 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Escape Villa And Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 546 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za