Mountain Shadows Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Mountain Shadows is 'n geskiedkundige herehuis teen die voet van die prentjiemooi Drakensteinberge in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Die hotel is binne maklike bereik van Kaapstad en is die ideale bestemming vir reisigers wat die mooie Kaap en sy natuurskoon en besienswaardighede wil verken.

Die verblyf bestaan uit 10 gastesuites wat met individuele dekor en keurige antiekmeubels versier is. Elke en suite-kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n telefoon, haardroër, kluis, koffie- en teemaakgeriewe en 'n yskassie, indien nodig.

Gedurende jou verblyf kan jy tussen die wingerde en olyfboorde of langs die rivier wat aan die landgoed grens gaan stap, die volop voëllewe bewonder, kunsvlieghengel by die baarsdam, roei en die majestueuse uitsig van die jetty af bewonder. Jy kan ook net langs die swembad ontspan en jou verlustig in die rustige atmosfeer op die landgoed. Die binnenshuise sjef kan 'n heerlike aandete of piekniekmandjie op versoek voorberei.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Shadows Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 R1 286 per nag (vir 2 mense)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za