Mountain Trails B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain Trails B&B bied gerieflike en veilige verblyf in 'n stil voorstad aan die voet van die beeldskone Outeniekwaberge. Die perseel bied direkte toegang tot die berg wat verskeie fietsry- voetslaan- en drafroetes deur die plaaslike denne- en inheemse woud en fynbos bied. Mountain Trails B&B is enige avonturier en natuurliefhebber se droombestemming.

Die gastehuis bied 4 unieke dubbelkamers met 'n natuurtema, 'n en suite-badkamer, asook tee en koffiemaakgeriewe.

Elke kamer het 'n privaat ingang en veilige parkeerplek van die straat af.

'n Kontinentale ontbyt wat van plaaslike produkte gemaak word, word elke oggend bedien waar gaste dit saam met onbeperkte berguitsigte kan geniet.

'n Fietsskuur en -wassery is vir bergfietsryers en hulle toerusting beskikbaar. Die tuin en omliggende woud is die tuiste van verskeie pragtige voëlsoorte en klein wildspesies.

Die Tuinroete Botaniese Tuin het 'n bewaring-en-omgewingsopleiding-middelpunt vir die Suid-Kaap geword. Dit vertoon verskeie inheemse plantegroei met die Outeniekwaberge in die agtergrond. 'n Teetuin, uitgeledge paadjies, piekniekareas, bankies, 'n herbarium, kwekery, dammetjie en medisinale heuwel is daar vir gaste se vermaak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain Trails B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 210 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za