Mountain View

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 20 % af

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Mountain View is in Vishoek geleë en bied gehaltevakansieverblyf vir twee tot drie persone. Die eenheid is op die eienaars se perseel geleë, maar dit is heeltemal privaat en het sy eie ingang. Dit is naby verskeie winkels, restaurante en Vishoek se strand. Dis ook slegs 5,6 km vanaf Kalkbaai wat in 2018 deur die Forbes Magazine aangewys is as een van die 12 "coolest neighbourhoods" in die wêreld.

Die eenheid beskik oor 1 dubbelbed en 1 enkelbed, bedkassies, bedlampies en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuis het 'n wasbak, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware.

Daar is 'n TV, DVD-speler, gratis WiFi en gemaklike sitplek waar gaste kan ontspan.

Die eenheid is baie veilig en daar is parkeerplek op die perseel. Dit is omhein en het 'n afstandbeheerde hek.

Gaste het toegang tot 'n groot swembad, 'n dek, buitemeubels en braaigeriewe. Daar is verskeie blomme, plante en bome in die binnehof wat aan die hoofhuis en die woonstel grens.

Die eenheid spog met pragtige uitsigte van die omliggende berge en heuwels.

Slaapplek

'n Bespreking by Mountain View sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 R760 per nag (vir 3 mense)

Kry 20% af vir verblyf wat 14 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za