Mountain View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain View bied selfsorgverblyf in 'n veilige, spoggerige deel van Durbanville genaamd Durbell, sowat 260 m vanaf Hoërskool Fairmont.

Verblyf is beskikbaar in 'n luukse gesin-suite met slaapplek vir 4 en 'n deluxe dubbel-suite met slaapplek vir 2. Elke suite het sy eie kombuisgeriewe, badkamer, leefarea, TV met DStv en WiFi. Die suites het ook stoepe met braaigeriewe.

Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel. In die agterplaas is 'n boord met avokado- en ander vrugtebome.

Die suite is perfek geleë tussen Kaapstad en Stellenbosch. Dit is reg by die begin van die wynroete in die Boland en die ideale beginpunt vanwaar die hele Kaap verken kan word. Fantastiese winkelsentrums en restaurante is op jou voorstoep en die suite is ook naby verskeie gholfbane in die omgewing. Verskeie van die Noordelike Voorstede se besighede is nabygeleë en dus is dit ideaal vir sakereisigers. Verder is daar verskeie geriewe in die omgewing, soos winkels, besighede, wynroetes, lughawens, Tygervallei, Willowbridge, Cape Gate-sentrums en Tyger Waterfront, Universiteit Stellenbosch, Bellville Kampus en baie hospitale en klinieke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za