Mountain View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain View bied gerieflike verblyf in 'n smaakvolle, privaat gastesuite in 'n gesinshuis. Dit is in 'n stil, boomryke straat in Brandwacht, Stellenbosch geleë en bied 'n inheemse tuin met 'n uitsig op die Stellenboschberge. Die eenheid het sy eie ingang en stoep.

Dié gastesuite bied slaapplek aan 2 volwassenes en 1 kind en is ideaal vir toeriste of sportentoesiaste. Dis naby fiets- en voetslaanroetes en 4,1 km van die Universiteit van Stellenbosch af. Die ligging is ook ideaal vir gaste wat die Kaapse Wynlande wil verken.

Die suite het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n woonkamer met 'n enkelbed. Daar is 2 gemakstoele en 'n lessenaar met oorgenoeg werkruimte. Koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en basiese breekware is ingesluit. Gaste kan gerus van die swembad gebruik maak, maar let asb. daarop dat dit nie omhein is nie.

Mountain View is 'n "groen huis" en slegs omgewingsvriendelike skoonmaakmiddels word gebruik. Die tuin en swembad word met die inwonende gesin gedeel.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Kunsvlieghengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Sweeds

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za