Mountain View Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Hierdie pragtige woonstel kyk oor die berge uit. Dit is gerieflik onder Tafelberg geleë, naby aan al die geriewe soos restaurante, winkelsentrums, Die Universiteit van Kaapstad, Kaapstad se sakekern en ook binne stapafstand van Nuweland af.

Die woonstel het 1 slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n oopplan-sitkamer met 'n koningingrootte-bed. Die kombuis is toegerus met alles wat jy sal benodig vir selfsorg. Die kompleks beskik oor 24 uur-sekuriteit en ons gaste het hul eie parkeerplek in die kompleks.

Die woonstel het pragtige uitsigte oor Tafelberg en spog met ongelooflike uitsigte van die Kirstenbosch Botaniese Tuine, wat ook net 'n klipgooi weg is. Daar is 'n lieflike swembad en braai-area vir gaste se gebruik.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za