Mountain View City House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Mountain View City House is 'n selfsorg-vakansiehuis wat sentraal in die Vredehoek-woonbuurt geleë is en bied 'n uitsig op Tafelberg. Dié huis is ideaal geleë om alles wat die Moederstad bied te beleef.

Die huis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak. Die kamer het ook 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en direkte toegang tot die balkon. Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en het toegang tot die gastebadkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, wasmasjien, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n toonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die agterplaas het braaigeriewe en 'n houttafel. 'n Kajak is beskikbaar. Skadubome en voëlkyk kan in die binnehof voor die huis geniet word. Die huis het 'n rook- en koolstofioksied-verklikker.

Vredehoek is 'n lieflike woonbuurt in Kaapstad en is naby die middestad. Dit is teen die hange van Tafelberg tussen Duiwelspiek en Oranjezicht. Die woonbuurt is stil en rustig, en is naby verskeie restaurante, winkels en die stad.

Slaapplek

'n Bespreking by Mountain View City House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View City House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 283 R2 955 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 8 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za