Mountain View Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knus geleë aan die voet van die majestueuse Outeniekwaberge lê die rustige en salige stad, George. Hierdie Suidkaapse-juweel bied 'n wye verskeidenheid aantreklikhede en doendinge wat verseker aan al sy besoekers se behoeftes sal voldoen, hetsy jy plaaslik is of van ver. Mountain View Lodge is 'n geakkrediteerde akkommodasie instansie by die George Toerismekantoor asook Kaapstad Roetes Onbeperk.

Hier is 5 woonstelle. Elk het 'n kombuisie, sitkamer, privaat badkamer en 1, 2 of 4 slaapkamers. Al die eenhede het ook 'n mikrogolfoond, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, TV met sekere DStv-kanale, waaiers en verwarmers op versoek. Handdoeke en beddegoed is verskaf, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke bring.

Gaste kan 'n luilekker dag langs die swembad geniet terwyl die kinders besig gehou word op die klimraam. Braaigeriewe is by elke eenheid op die perseel beskikbaar, sowel as gemeenskaplike braaigeriewe by die pooltafel.

Mountain View Lodge is geleë binne maklike loopafstand van 4 van SA se top-10 gholfbane naamlik Outeniqua, Montague, Links en George Gholfklub. Vir die fiksheidvrate is daar pragtige bergfietsroetes, asook voetslaanroetes net 'n klipgooi ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za