Dullstroom Akkommodasie by Mrs Simpson | LekkeSlaap
+12

Mrs Simpson

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranje Nassau-straat 200, Dullstroom, 110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 950 per nag (vir 10 persone)

Beskrywing

Mrs Simpson is 'n selfsorgkothuis in sentrale Dullstroom geleë. Dié vakansiehuis het slaapplek vir 10 gaste en is binne maklike bereik vanaf winkels, restaurante en die Dullstroomdam.

Die gemeubileerde kothuis beskik oor 3 slaapkamers, 'n solderkamer, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die solderkamer het 'n dubbelbed en 2 enkel futonbeddens. Elke bed het 'n elektriese kombers en daar is verwarmers in die kamers.

Die kombuis is goed toegerus en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, koffiemasjien, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die oopplan-leefarea het 'n kaggel, toegang tot die solderkamer, mini-HIFI, TV met DVD-speler, volledige DStv, boeke, bordspeletjies en legkaarte.

Die sitkamer bied toegang tot die stoep met 'n ingeboude braai-area, sitplek en 'n uitsig op die Groot Suikerboschkopberge in die verte. Die stoep kan toegemaak word met blindings. 'n Toesluitmotorhuis is beskikbaar vir 1 voertuig en parkeerplek op die perseel is beskikbaar vir 2 of meer voertuie in 'n ommuurde tuin.

Slaapplek

’n Bespreking by Mrs Simpson sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed Enkelslaapbank
Slaapkamer 4
Plek vir 4 persone
1 xDubbelbed
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Mrs Simpson
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Oranje Nassau-straat 200, Dullstroom, 110, Mpumalanga
  • Gaste dink Mrs Simpson het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 950
per nag (vir 10 persone)
Vanaf R3 950
per nag (vir 10 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oranje Nassau-straat 200, Dullstroom, 110, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQuhhyL6vJGknDAMtZSFVTNU7Q65JsaqNdlnPXFuJXAsozr3cys?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 950  per nag (vir 10 persone) 2 5 1 5 200 Oranje Nassau Street Dullstroom 110 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.414398 30.108622
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za