Msunduze River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Msunduze River Lodge is 'n veilige lodge op 'n wildbeskermingsperseel naby die N2 tussen Hhluhluwe en Mkuze. Dit word deur die eienaars, Rose en Mike, bestuur.

Die lodge skuil in die skadu van die pragtige Lebomboberge aan die oewer van die Msunduzerivier in Zoeloeland se noorde en word deur koorsbome omring waar menigte voëlspesies, boksoorte en ander wild hulle tuiste geskep het.

Verblyf is beskikbaar in 5 aparte, luukse chalets met lugversorging en en suite-badkamers. Elke chalet het slaapplek vir 2 gaste en 'n privaat patio met 'n uitsig oor die rivieroewer en omliggende bos.

Daar is 'n gemeenskaplike, oop sitarea en -eetarea met 'n kroeg en DStv, 'n buite-boma en 'n vuurput waar romantiese maaltye of 'n gesellige braai geniet kan word. Bomas, braaipakke, tuisgemaakte etes en middagetepakkies is beskikbaar. Kom ontspan met 'n bottel wyn of luister na die gebrul van die leeus, die gelag van hiënas en geroep van naguile vanaf die patio.

Gaste kan hulself met 'n holistiese masseersessies of klankterapie by die gesondheidsentrum bederf. Hier word gesondheidsessies deur Reiki-meester Rose gebied om jou energiebalans te herstel.

Daar is ook begeleide wildritte wat by Manyoni Privaat Wildreservaat op jou drumpel bespreek kan word. Gaste kan vrylik in die omgewing stap, bergfietsry en voëlkyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Msunduze River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za