LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mtunzi Cottage | LekkeSlaap
+13

Mtunzi Cottage

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: No. 3 Mtunzi Park, Bermuda-weg, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Mtunzi Cottage is in Scottburgh-Suid en bied selfsorgverblyf in 'n tweeslaapkamerwoonstel op die seefront met 'n lieflike see-uitsig. Dié kothuis het 'n voortuin met privaat braaigeriewe en 'n uitsig oor die see. 'n Strook kusstruike wat deel van marienereservaat vorm is al wat die kothuis van die see skei.

Mtunzi Cottage is aan die eindpunt van die kompleks en skuil in 'n rustige omgewing met geen verkeersdeurgang. Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n bad en 'n stort in die badkamer.

Die kothuis het 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus. Daar is 'n ingeboude waterfiltreringstelsel met 5 filtreerkleppe onder die kombuiswasbak wat na 'n kraantjie langs die wasbak lei sodat gaste vars drinkwater kan hê. Die sitarea het 'n TV met DStv en 'n Blu-Ray DVD-speler.

Daar is ook 2 lugversorgers, 'n skottelgoedwasser en 'n stoep met buitemeubels.

Die kothuis is met 'n alarmstelsel en gewapende reaksie beveilig en daar is 'n motorhawe langs die kothuis as parkeerplek. Saans en oor naweke, patrolleer sekuriteitswagte die area.

Die kompleks het 'n wassery en 'n swembad wat gaste gerus kan gebruik. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die plaaslike strand, wat net 'n entjie van die kothuis af is, bied die geleentheid vir gaste om in die son te ontspan, in die rotspoele te snorkel en te roei. Die hoofstrand in Scottburgh is 3 km ver en die gholfbaan is 2 km ver. Diepseehengel en -duik kan ook plaaslik gereël word. Die strand voor die kothuis is veral goed vir hengel. Scottburgh Mall is net 2 km ver en bied verskeie winkels en eetplekke, en die dorp self het verskeie restaurante, wegneemeetplekke en ander winkels.

Slaapplek

’n Bespreking by Mtunzi Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Mtunzi Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • No. 3 Mtunzi Park, Bermuda-weg, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Mtunzi Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: No. 3 Mtunzi Park, Bermuda-weg, Scottburgh, 4180, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA611930d70da2c2bdaf167cdf6686b9b77e8f4afcfe758923c04ab15d2517ef35478cbb8ba79d957000adef9d1b1ed5f95b1b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000  per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 No.3 Mtunzi Park Bermuda Way 4180 KwaZulu-Natal 086 999 0018 13:00-23:00 09:00 -30.303653234867 30.746992293449
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!