Muizenberg Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Muizenberg Villa is in die ontspanne strand-woonbuurt Muizenberg in Kaapstad.

Verblyf is beskikbaar in 'n villa met slaapplek vir 6 gaste. Daar is 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Al die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die derde slaapkamer het 'n driekwartbed en 'n matras vir 1 kind. Die tweede en derde slaapkamer het Franse deure wat na 'n gedeelde balkon lei. Die eerste badkamer het 'n stort en aparte toiler en die tweede badkamer is op die onderste verdieping en het ook 'n stort en aparte toilet.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser toegerus. Daar is 'n toonbank met stoele vir 6 gaste. In die sitkamer is daar gemaklike sitplek en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word voorsien. Die leefarea het ononderbroke uitsigte oor Valsbaai en het 'n kaggel.

Die leefarea lei na 'n houtdek met 'n tafel en bankies. Die grondverdieping het 'n groot tuin, 'n swembad met 'n oortreksel en 'n trampolien. 'n Draagbare braai is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Muizenberg Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 1 volwassene en 1 kind
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Muizenberg Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R7 100 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za