Mukwa Farm Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mukwa Farm Lodge is geleë in die hartjie van die Jock of the Bushveld-natuurbewaringsgebied. Ons is sowat 20 minute vanaf die Krugerwildtuin se Numbi-hek in Mpumalanga en net 23 km van die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en 18 km van die dorpie Witrivier af. Mukwa Farm Lodge se ligging is ideaal vir besoekers wat die pragtige Laeveld wil verken.

Die lodge het slaapplek vir sowat 30 gaste in 'n verskeie beskikbare kamers. Al die kamers het en suite-badkamers, bied toegang tot 'n toegeruste buite-kombuis, asook 'n privaat braai-area. Verder het elke kamer ook tee- en koffiemaakgeriewe en ys word voorsien. Ander instansiegeriewe sluit 'n gemeenskaplike boma, swembad, speletjieskamer, biblioteek, TV-sitkamer in die hoofplaashuis, kroeg-area met 'n kontantkroeg en 'n TV, asook 'n gimnasium in. Ons bied ook 'n wasgoeddiens. Ons stel nie voor dat gaste met lae grondhoogte-motors die paaie aandurf nie.

Die lodge bied 'n groot verskeidenheid asemrowende uitsigte, ideaal vir doutrappers wat daarvan hou om die daeraad gade te slaan. Maar jy moet ook nie vergeet om te kyk hoe die sonsondergange hierdie ontsagwekkende landskap inkleur nie.

Mukwa Farm Lodge is 'n toevlugsoord geleë in 'n welige landskap met diep klowe, grasgroen valleie, kristalhelder strome, luisterryke watervalle en baie wild. Dis 'n absolute paradys waar mites en legendes verstrengel is in die oorvloedige natuurskoon. Die lodge en die omgewing is deurdrenk met antieke en koloniale geskiedenis. Daar is 100 jaar-oue begraafplase van die stamme wat hier gebly het en rotstekeninge wat ouer as 1500 jaar is. Are van groen-en-goud verdiet ('n gesteente) wat meer as 3500 miljard jaar gelede gevorm het vertak in die grond - die oudste gesteentes op die planeet.

Wild in die omgewing sluit muskeljaatkatte, tierboskatte, sivetkatte, wildekatte, rooikatte, luiperds, ratels, jakkalse, blouape, nagapies, die meeste muishondspesies, ietermagô's, eekhorings, ystervarke, duikers, rooiduikers, ribbokke en seekoeie in. So kom ontspan hier en staan verstom voor die natuurskoon.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mukwa Farm Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za