Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Murray Gasteplaas

  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murray Plaas, Langs die R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Murray Gasteplaas is op 'n plaas net 11 km buite Askham geleë en bied slaapplek vir 4 tot 24 gaste.

Gaste het 'n keuse tussen 1 van ons 4 selfsorg-eenhede en die boskamp.

Elk van ons 4 selfsorgeenhede beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 'n badkamer met 'n stort. Elke kombuis is ten volle toegerus en is ingerig met 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n sitarea en braaigeriewe in elke eenheid.

Die boskamp word slegs aan een groep op 'n slag verhuur om te verseker dat ons gaste privaatheid geniet. Die kamp, wat van riete gebou is, is ideaal vir 'n groep of 'n familie van 8 en beskik oor 4 slaapkamers wat elkeen ingerig is met 2 beddens. Matrasse, kussings en lakens word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie beddegoed saambring. Die kamers deel die gebruik van 2 badkamers en warm water word voorsien deur 'n donkie wat met hout gestook word. Braaigeriewe is ook beskikbaar en hout word voorsien. Let asb. dat die boskamp nie elektrisiteit het nie, maar karavaan-liggies is beskikbaar en kan aan 'n karbattery gekoppel word.

Murray Gasteplaas is ideaal vir voëlkykers en gaste wat die stilte en skoonheid van die Kalahari wil ervaar. Gaste kan die DiamondT-koffiehuis in Askham of die Khomani San-plaas besoek wat net so 25 km se ry weg is. Die oosgrens van die Kgalagadi Park is ook net 85 km weg.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 29 resensies vir Murray Gasteplaas
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.6/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Minette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Jaar gelys 7

Ligging

  • Murray Plaas, Langs die R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Gaste dink Murray Gasteplaas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kalahari Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 24 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Murray Plaas, Langs die R31, Askham, 8814, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqUDGtwvAGv5sXplBch3EgHcnsZDrUPDTjwwsitE6BPMPEpy7Rd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 Farm Murray Off the R31 8814 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.98515503879 20.866671661377
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem