Murray House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Murray House is in die hartjie van die Kaapse middestad geleë en is stapafstand vanaf die Groentemarkplein, St George's Katedraal, die Kompanjiestuin en Langstraat met restaurante en kroeë.

Dié sonnige woonstel het baie vensters en is lekker lig. Dis op die derde verdieping in 'n klein Art Deco-blok met toegangbeheer. Daar is 'n hysbak in die woonstelblok. Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste. Die sitkamer lei na die kombuis wat goed toegerus is en wat weer na die slaapkamer toe lei. Die kombuis is toegerus met 'n oond, stoof, yskas en mikrogolf. Die woonstel het gratis WiFi en 'n platskerm-TV met Netflix.

Daar is 'n gratis, veilige en privaat parkeerplek in die gebou oorkant die woonstel. Gaste kry 'n sleutel vir die hoofgebou en daar is 'n veiligheidshek by die woonstel se voordeur. Die parkeerplek bied slegs toegang via 'n skyfie.

Dis 'n selfsorgwoonstel en gaste se privaatheid word gerespekteer. Die gashere is egter beskikbaar om enige navraag te antwoord. Die woonstel word nie daagliks skoongemaak nie, maar 'n skoonmaker kan op versoek teen ekstra koste gereël word.

Die V&A Waterfront is sowat 10 minute ver en Tafelberg se kabelkarretjie is sowat 15 minute ver. Gaste kan ook die MyCiti-bus gebruik waarvan die naaste bushalte net 'n blok van die woonstel af is. Clifton en Kampsbaai se strande is sowat 20 minute ver. Daar is verskeie restaurante, kroeë en nagklubs in die omgewing. 'n Kaapstad Toerismekantoor en 'n Bureau de Change is ook net 'n blok van die woonstel af.

Slaapplek

'n Bespreking by Murray House sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Murray House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za