Muscat Mountain View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Muscat Mountain View is ’n gerieflik gemeubileerde huis vir 6 gaste in Silwerstrand Gholf- en Rivierlandgoed.

Die volledige DStv-pakket is beskikbaar, maar daar is ongelukkig nie WiFi nie. Daar is ook nie haardroërs nie en gaste moet hul eie swemhanddoeke bring.

Die huis het 3 slaapkamers en elke kamer het ’n en suite-badkamer en plafonwaaier. Die 1 kamer het ’n koningingrootte-bed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus met ’n yskas, stoof, oond, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ’n wasmasjien en skottelgoedwasser in die aparte waskamer. Daar is ’n etenstafel en die sitarea het ’n TV met DStv, asook ’n binnebraai-area.

Die leefarea lei na die swembad en daar is parkeerplek in 2 toesluitmotorhuise. Addisionele parkeerplek is beskikbaar op die perseel.

Gaste kan gerus gebruik maak van die geriewe op die perseel soos die restaurant en die gholfwinkel. Watersport kan op die Breërivier geniet word. Robertson bied doendinge soos voetslaan en 4x4-ritte en besienswaardighede soos verskeie wynkelders en -landgoedere, die Affie Plaas-plaasstal, die Klipdrift Distilleerdery en meer.

Slaapplek

'n Bespreking by Muscat Mountain View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Muscat Mountain View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 200 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za