Muse on Griesel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Muse on Griesel is 'n ruim, gerieflike selfsorgwoonstel in Beyers Park, 'n veilige, rustige woonbuurt net 'n kort entjie se ry vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe. Toegang tot die vernaamste hoofweë is glad nie 'n probleem nie.

Die woonstel beskik oor 'n oopplan-slaapkamer/sitkamer met 1 dubbelbed en 1 driekwartbed, 'n volledig toegeruste kombuisie en 'n privaat badkamer met 'n moderne instapstort. Die kombuis het 'n skuifdeur na die lieflike tuin en is toegerus met 'n yskas, induksiestoof, mikrogolf, broodrooster, ketel, tafel en stoele. Die sonstoep het lekker sitplekke so jy is welkom om jou etes daar te nuttig of net met 'n boek te ontspan. Daar is ook privaat braaigeriewe.

Veilige onderdakparkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig en 'n Kontinentale- of Engelse ontbyt is beskikbaar op versoek en teen 'n addisionele koste.

Slaapplek

'n Bespreking by Muse on Griesel sluit in:

1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond

Kamergeriewe

  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Muse On Griesel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R980 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za