Mustique 3 in The River Club

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mustique 3 is 'n selfsorg-eenheid in The River Club-landgoed in Plettenbergbaai. Dit is langs die Piesangrivier geleë en gaste wat die landgoed besoek kan 'n piekniek daar geniet, op die plankpaadjie wandel of visvang. Die landgoed bied 24 uur-sekuriteit, 'n gemeenskaplike swembad, muurbalbane, tennisbane en dit is naby 'n Blouvlagstrand. Die Kwik Spar-winkelsentrum met restaurante, 'n DVD-winkel, apteek, drankwinkel, vulstasie en kitsbanke is naby.

Die eenheid bied slaapplek vir 5 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n enkelbed en 'n lessenaar. Die tweede gedeelde badkamer het 'n stort-oor-bad, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. WiFi is nie beskikbaar nie. Die leefarea maak op 'n stoep met 'n etenstafel en braaigeriewe oop. Parkeerplek is in die kompleks beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Mustique 3 in The River Club sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mustique 3 In The River Club gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za