Mvubu River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mvubu River Lodge is in 'n koloniale Afrika-styl getooi. Dié lodge is uniek teen 'n rant geleë en kyk uit oor die Pongolarivier wat panaromiese uitsigte oor die reservaat bied. Dit is die perfekte plek om te ontspan terwyl jy jou verkyk aan die seekoeie, krokodille en ander wildspesies wat in die reservaat voorkom.

Verblyf is in enkel- of dubbelbed en suite-chalets beskikbaar. Die chalets kombineer gerief en eenvoud met die vernuftige gebruik van klip, hout, riete en dekgras. Elke eenheid is met lugversorging, plafonwaaiers, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en 'n privaat stoep ingerig. Tariewe sluit aandete, ontbyt of middagete, asook tee en koffie in.

Die sentrale area van die lodge sluit die Seekoeigat-kroeg, 'n TV met DStv, 'n beskutte oopplan-sitkamer en -eetarea, die boma, 'n swembad en 'n snuisterywinkeltjie in.

Die nabygeleë spa bied verskeie professionele behandelings onder meer hidroterapie, stoombaddens, gesigbehandelings, masserings, manikuurs en pedikuurs.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mvubu River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 690 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za