LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by My Bush Camp | LekkeSlaap
+56

My Bush Camp

24 resensies
Wildsplaas
  • Kapasiteit: 109 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabazimbi-pad R516, Plaas 75 Drooggekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R520 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

My Bush Camp is in die Waterberg en net 15 km buite Bela-Bela op die R516. Dit is die ideale plek vir 'n bosveld-wegbreek.

Die lodge bied verblyf in 4 selfsorg-eenhede, 2 permatente en 'n grasryke kampeerterrein met 24 staanplekke.

Die plaashuis het slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n sitkamer met 2 enkelbeddens.

Die Impala-chalet het slaapplek vir 4 gaste in die hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en 'n leefarea met 2 enkelbeddens.

Die Nyala Chalet het slaapplek vir 5 en beskik oor 2 aparte slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed.

Die laaste chalet, Sable, het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 aparte slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer enl die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die leefarea het 'n slaapbank wat as 'n dubbelbed kan dien.

Al die selfsorg-eenhede is volledig vir selfsorg toegerus en gaste hoef slegs hul eie kos, drinkgoed en handdoeke saam te bring.

Daar is 2 permanente wat volledig vir selfsorg toegerus is. Die tente het 2 enkelbeddens en het 'n oopplan-kombuisie. Die tente het 'n badkamer met 'n stort en privaat braaiboma.

Die kampplek het 24 staanplekke en ablusiegeriewe met storte en wasbakke. Daar is ook privaat badkamers wat bespreek kan word teen 'n ekstra koste.

Daar is 'n winkel op die perseel wat in die onmiddellike behoeftes van die meeste gaste sal voorsien. Daar is 'n ontspanningslokaal op die perseel met 'n TV.

Gaste kan van die gemeenskaplike swembad gebruik maak en voëlkyk by die lodge geniet.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 24 resensies vir My Bush Camp
Netheid
4.5/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Thabazimbi-pad R516, Plaas 75 Drooggekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink My Bush Camp het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Waterberg Limpopo
Vanaf R520
per nag (plek vir 4)
Vanaf R520
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 109 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Thabazimbi-pad R516, Plaas 75 Drooggekloof, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDM3NzViYzYwLTczMWEtNDJhNy1hMzliLTQ4Yzk5OGFjMTM2YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R520  per nag (plek vir 4) 24 5 1 5 R516 Thabazimbi Pad Farm 75 Droogekloof 0480 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.882368 28.151682
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!