Myrtle Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Myrtle Manor is 'n pragtige, ouwêreldse herehuis aan die voet van die Outeniekwaberge in George. Dis sentraal geleë en is ideaal vir gesinne, vakansiegangers en sakereisigers.

Myrtle Manor bied selfsorgverblyf vir 10 gaste in 'n dubbelkamer, gesinskamer en 'n 2 enkelbedkamer met 'n tuin-uitsig. Die hele huis met al 3 kamers of enige van die kamers kan bespreek word.

Gaste deel die gebruik van 'n gemeenskaplike kombuisie, eetkamer en ruim sitkamer. Die kombuisie het 'n groot yskas-vrieskas, mikrogolf, konveksie-oond, eetgerei en breekware. Die eetkamer en kombuisie het 'n pragtige berg- en tuin-uitsig.

Die ruim sitkamer het 'n platskerm-TV met volledige DStv, 'n gesellige kaggel en leerrusbanke. Daar is ook inligting oor George en doendinge op die Tuinroete in die sitkamer beskikbaar.

In 'n afgesonderde deel van die tuin is 'n braai-area met 'n sandsteen-vuurput waar gaste rondom 'n groot vuur kan kuier. Bedags kan gaste onder die skadubome langs die fonteintjie ontspan. Voëls soos die Knysnaloerie kom besoek gereeld.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Myrtle Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za