Struisbaai Akkommodasie by Namaste | LekkeSlaap
+87

Namaste

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zee-singel, Langezandt Fishersman's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Namaste bied selfsorg-akkommodasie in Struisbaai. Besienswaardighede in die omgewing sluit De Mond Natuurreservaat, Agulhas Nasionale Park, Kaap Agulhas-wynroete en Waenhuiskrans se grot in.

Die eenheid het slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Daar is ook 'n addisionele kothuis* met slaapplek vir 2 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer is in die solder en het 2 driekwartbeddens, sy eie TV en deel 'n badkamer met die tweede slaapkamer. Die kothuis* het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, diepvetbraaier en koffiemasjien. Addisionele geriewe sluit 'n onderdakbraai-area met onthaalgeriewe vir 10 mense, TV, DStv (volle pakket), DVD, PVR-dekodeerder, skottelgoedwasser en kaggel in**. (Geen braai in kaggel nie, asb.) Daar is parkeerplek vir 3 motors. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek. Handdoeke moet self voorsien word, maar kan ook op versoek teen addisionele tarief verskaf word.

Struisbaai/L'Agulhas is 'n vissersparadys vir klein en groot, pa en seun, ma en dogter, ouma en oupa. Besoek die hawe waar vissermanne hulle vangs aan wal bring, koop vars vis van die skuit af en ervaar die rustige vissermans-atmosfeer. Daar is talle smullekker restaurante om van te kies wat net die beste seekosdisse bedien. Struisbaai spog met een van die mees asemrowende wit strande wat meer as 20 km strek om jou stappie langs die see te beplan.

Doendinge in die omgewing sluit swem, voetslaan, kajakvaart, visvang, branderplankry en vlieërbranderry in.

Afslag kan gegee word op daaglikse huurtariewe indien slegs hoofhuis bespreek word wat 6 mense huisves.

*Toegang tot die kothuis kan beperk word om sodoende afslagtariewe moontlik te maak. Neem gerus die vrymoedigheid om afslag te vra na gelang van die aantal gaste. Ons onderneem om altyd aan gaste goedgunstig korting te verleen.

'n Skoonmaak- en linnefooi word per bespreking behef.

Weens die heersende watertekort in die Wes-Kaap en die instelling van waterbeperkings in Struisbaai, versoek ons alle gaste om ons te help om water te bespaar.

Gaste wat besprekings van Namastè aanvaar bevestig hiermee dat bogenoemde voorwaardes en troeteldierbeleid onvoorwaardelik aanvaar word en dat die eienaars of agente nie verantwoordelik gehou kan word vir enige beserings by die fasiliteit nie.

Seëngroete

Namastè

Slaapplek

’n Bespreking by Namaste sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 2 resensies vir Namaste
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Zee-singel, Langezandt Fishersman's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Namaste het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 400
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Zee-singel, Langezandt Fishersman's Village, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDMzZTc1ZjM2LWEzYWItNDc5YS04ZGFhLTVmYjM4ODliZDFlOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 Zee Crecent Langezandt Fishersman's Village 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.785183937322 20.043606376653
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za