Wapadrand Akkommodasie by Nana's Grace Guest House | LekkeSlaap
+41

Nana's Grace Guest House

117 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riemlandoord 9, Wapadrand-landgoed, Wapadrand, Pretoria, 0050, Gauteng
  • Geen kinders onder 9
  • Vanaf R730 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nana's Grace Gastehuis bied selfsorgverblyf 1,7 km vanaf Wilgers Hospitaal, en ongeveer 5,5 km van Pretoria-Oos Hospitaal, 3,6 km van Faerie Glen Hospitaal, en 4,7 km van Time Square Casino en Sun Arena af. Die Grove Shopping Mall is sowat 1 km hiervandaan met 'n verskeidenheid winkels, restaurante, rolprentteaters en 'n ysskaatsbaan. Daar is ook verskeie trou-venues in die omgewing, soos "Diep in die Berg". Ons is maklik bereikbaar vanaf die N1 en N4.

Dié gastehuis is in 'n sekuriteitslandgoed geleë met elektriese omheining en toegang via 'n sekuriteitshek. Dit is 'n lekker veilige omgewing aan die voet van die Bronberg Natuurreservaat.

Die area is baie stil en jy word wakker met die vrolike getjirp van die voëls. Omdat die kamers slegs via 'n stel trappe bereikbaar is, is ons ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie. Die derde slaapkamer is op die grondvloer geleë en daar is 4 trappe wat vanaf die parkeerarea lei na die voordeur.

Daar is 3 slaapkamers wat elkeen 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort het. Die Kamer met 'n Uitsig het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Die Gesinskamer het 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Elkeen van die kamers het 'n TV en lugversorging. Daar is 'n leefarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, stofie en 'n wasmasjien op die eerste vloer wat deur die boonste twee kamers gebruik kan word. Die Tuinkamer is op die grondvloer en beskik oor 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word, sowel as 'n en suite-badkamer. Daar is nie lugversorging nie, maar 'n waaier word voorsien. 'n TV, mikrogolfoond, yskassie, ketel en koffie- en teemaakgeriewe is beskikbaar.

Daar is 'n leefarea en 'n kombuisie het 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, stofie en wasmasjien.

Die leefarea en kombuisie word gedeel deur die gaste van die kamers op die boonste verdieping.

Afslag vir verblyf langer as 2 nagte.

Kenmerke

Afrikaans
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 117 resensies vir Nana's Grace Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Riemlandoord 9, Wapadrand-landgoed, Wapadrand, Pretoria, 0050, Gauteng
  • Gaste dink Nana's Grace Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Vanaf R730
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Riemlandoord 9, Wapadrand-landgoed, Wapadrand, Pretoria, 0050, Gauteng
  • Geen kinders onder 9
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAggqD1bWYpmkeCx0OVBd9GzpvRkzpqWeBLHe2jq7gjwZyYp57Qg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R730  per nag (plek vir 2) 117 5 1 5 9 Riemlandoord Wapadrand Estate 0050 Gauteng 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.774684082479 28.326453188272
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za