Nantes Estate

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nantes Estate bied luukse verblyf en 'n trouvenue tussen wingerde in die Paarl. Dit spog met 'n majestueuse berg-uitsig. Aangesien die Paarl die hartjie van die Wynland is, word gaste bederf met soveel opsies as dit by lekker kos en wyne kom. Bring die dag deur op 'n wynlandgoed en smul aan wyn, kaas, boetiekbier, sjokolade of wandel bloot rond by een van die markies.

Nantes Estate bied 'n klassieke 17de eeuse Europese styl venue met spasies wat maklik omskep kan word in 'n droomvenue van jou keuse.

Daar is 4 gerieflike suites op die grondverdieping van die suidelike vleuel. Dié suites sluit 'n heerlike ontbyt in en het pragtige afwerkings en al die elegansie en bekoring wat so eie is aan dié praglandgoed. Nantes Estate bied 'n buiteswembad, braai-patio en pragtige tuine asook 'n gedeelde sitarea, TV-kamer en patio met asemrowende uitsigte. Daar is gratis WiFi en parkeerplek. Gaste kan op wandelinge gaan, draf of fietsry op die plaas en selfs by die dam hengel.

By Nantes Estate kan elke bruid haar droomtroue skep en daar is plek vir tot 200 gaste. Die perseel, insluitend die formele voortuin met 'n fontein, 'n tradisionele gazebo op die grasperk, en wingerde en oop velde wat in die verte uitstrek is 'n romantiese plek waar 'n bruidspaar hul spesiale dag kan vier.

Nantes Estate se konferensiegeriewe sluit 'n boetiek-konferensiesaal met plek vir tot 160 afgevaardigdes in. Die venue het ook aparte kamers bo en onder wat afgevaardigdes kan gebruik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Portugees

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nantes Estate gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za